top of page
Writer's pictureGeloof

10 dae proefneming


Daar word beweer dat die boek Daniël 'n troosboek is. Dit is geskryf vir die volk wat onder groot lyding en moeilike tye gegaan het. Die Here het dit so bepaal dat Daniel en sy drie vriende, Gananja, Miseal en Asarja, in die paleis kon werk. Soos die duiwel dit wil hê het die koning beveel dat al die amptenare en werkers op 'n seker manier gevoed moet word en ook geleer moet word. Dus moes hulle net sekere kos eet en ook wyn drink. Hulle het die beste van die lewe geniet.


Daniël se gehoorsaamheid aan God maak dat hy die besluit neem en nie die koning se besluit te gehoorsaam nie en noem aan die amptenaar wat aangestel is om die werkers op te pas dat hulle vier, nie die koning se besuit sal gehoorsaam nie. Ek is oortuig dat God vir Daniêl die gedagte gee het om vir die amptenaar te noem dat hy eerder getrou aan God wil bly. Hy maak die voorstel om net seker kos te eet en die amptenaar kan na 10 dae toets wie is in die beste kondisie. Ons almal ken die storie, hulle was in beter kondisie en die amptenaar en hy het self besluit om selfs nou die ander ook op dieselfde dieët te sit. Hulle deursetiingsvermoeë het daartoe bygedra dat ander se lewens ook verander het.


Die Here het vir die 4 manne al die wysheid en kennis gegee wat hulle nodig het om indiens van die koning te wees maar ook om aan God gehoorsaam te wees. Daniël is op 'n besondere wyse geseën deur God om self drome te kan uitlê. Die koning het gevind dat hulle 10 maal meer wysheid en kennis as die ander gehad.


Kom ons maak ook vir die volgende 10 dae die proefneming om soos Daniel God se stem te hoor en ook gehoorsaam te wees. Kom ons voed onsself met die gesondheid van sy woord om ook soos die vier in die beste kondisie te wees en om deur ons gehoorsaamheid ander ook nader aan God te bring.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page