top of page

20 min gebed vir 20 dae - Vir ons regering en ons land

.


Nou dat ons weet ons, vir die volgende 20 dae, bid vir ons Reging, Parlement, Ministers, Adjunk Ministers, Provinsiale Minister, Burgermeesters en enige iemand ander wat iewers in beheer is, wil ons elkeen van hulle opdrag n God toe.


Paulus kom en dra hulle almal aan die Here op met die gebed in Efesiërs 1: 15 -23


[15] Daarom vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, [16] hou ek nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebed aan julle dink, [17]bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee om Hom so aan julle te openbaar dat julle Hom werlik kan ken. [18]Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, [19]en hoe geweldig groot sy krag is [20] wat Hy uitoefeen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit: [21] hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskapy, en wat daar ook al sprake mag van wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. [22] Ja aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. [23] Die kerk is die liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.


Paulus begin deur die Here te loof en te dank. Dit is die regte ding om te doen en ons moet ook wanneer ons stil raak voor God opreg dankbarheid wys vir wat ons het. So moet ons dankbaar wees en God loof vir wat ons in ons land het. Dit kon baie erger gewees het. Ons moet bid dat God al ons leiers, minister & adjunk ministers, munisipale bestuurder se geestesoë sal open om Hom werklik te ken. Ons as mens is so ingestel dat ons altyd iets verwag as ons iets doen, ek dink nie dit is verkeerd nie, mits dit vir die regte redes is, soos Paulus in [18] noem, dat ons geestesoë so verhelder dat ons watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daarin is en die heerlike erfenis wat ons sal ontvang. Dit klink na baie woorde, maar dis eenvoudig. Ons lees in 1 Tim 1:1, dat Paulus die brief vir Timoteus skryf, om hom te bemoedig [1] Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Velosser en van Christus Jesus ons hoop.


So kom die Here en bemoedig ons met dieselfde woorde dat ons leiers se geestesoë so sal verhelder dat hulle die hoop in Jesus Christus sal sien en die rykdom wat daarin is en die heerlik erfenis wat hulle sal ontvang, en die krag wat daar in Jesus Christus is.


  • Ons moet by die klein dingetjies begin, ons moet bid dat hulle geestesoë sal oopgaan om te besef dat deur slegs te bid voor die vergadering, sal maak dat die vergadering 'n sukses gaan wees. Dat alles wat bespreek word en die besluite wat geneem word deur God geseën sal word. Dalk doen hulle dit, ons sal nie weet nie, maar dalk is nie deel van my woordeskat nie. Daarom stel ek voor ons bid dat hulle dit doen, dan weet ons die Vader is ingelig en hulle is bewus daarvan.

  • Daar word so ophef gemaak van die opening van die parlement, geld wat bestee word aan klere, veilgheid, kos ens. Kom ons bid dat die parlement met gebed geopen word. So geld dit ook vir die provinsiale afdelings ook.


  • Ons moet bid vir die minister van finansies om dit wat aan hom toevertrou word, op n godelike wyse versprei en aangewend word. Ons moet bid dat daar deurentyd gebid word vir die beleggings en dat fondse sal groei om ons ekonomie te laat groei.

  • Kom ons bid vir ons provialse minister in bestuur van sake as dit by finansies kom. Dat hulle God eerster sal ken en die fondse reg sal aan wend.


  • Kom ons bid vir ons munisipale finansiële bestuurders om dit wat hulle ontvang het aangewend word soos dit aan hulle opgedra is. Dat hulle ook tot God sal nader wanneer daar geldelike besluite geneem word.


Mag ons kabinet, regerings amptenare, munisipaliteite die kragtige werking van Sy mag ervaar as wat Hy aan ons geopenbaar het deur vir Jesus Christus uit die dood op te wek. Daar is nie 'n probleem, 'n situasie, of wat ook al wat in ons pad sal staan nie.


Mag die Here, deur ons gebede, die land ook uit die dood uit opwek. met dieselfde krag waamee Hy Jesus Christus uit die dood uit opgwek het en ons kom nuut maak het.


Mag die Here, deur Jesus Christus, ons Verlosser, wat sit aan die regterhand van God die Almagtige Vader, hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom, ons kom red en laat besef dat ons krag lê in Jesus Christus.


Jesus sê in Joh 15:7 vir ons: As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheelik dat julle vrugte dra en my dissipels is.


Mede Suid Afrinakers, van watter kleur of ras jy mag wees, ongeag watter posisie jy bekleë, waar jy jouself ook al bevind, laat ons saam staan en ons vreudge in die Here soek deur Jesus Christus ons verlosser. Laat ons Hom ken in alles, hoe groot of hoe klein. Van die kabinet tot in die Graad R klas, tot op die sportveld, die land wat ons besig is om te ploeg of te plant, waar jy dalk op die 30ste vloer van die gebou sit, of dalk 2km onder die grond is waar jy in die myn werk, waar jy dalk nou by die huis is sonder werk, deur die vuilgoed dromme gaan om iets te soek om te eet.


Dit is soos Paulus sê ons moet vir mekaar bid sodat ons geestesoë so sal verhelder dat ons kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir ons bestem het.


Kom ons staan saam vir 20 min in gebed vir die land se regering, kabinet, leiers op provinsiale vlakke. Kom ons bid dat hulle geestsoë ook sal oop gaan en die heerlikheid sal proe wat Jesus vir ons gebring het deur aan die kruis te stel en wat God ons beloof het. Dat Jesus se woorde in ons, ons land sal wees, dat ons sal kan vra net wat ons wil hê, en Hy sal dit vir ons gee.


Wil jy deel graag van die gebed in aksie. Kliek op die skakel. https://bit.ly/2AzwCNz


Weet jy van dringende gebed, ons wil dit graag hoor. Stuur dit vir ons deur op die skakel te kliek. https://bit.ly/3d6IzaL


GEBED

Almagtige Vader, dankie dat U by ons die bewustheid kweek om die hoop wat daar in U, ons Vader, Jesus Christus, ons Verlosser, en dat U ons uitnooi om U woorde deel te maak van ons.


Dankie dat U, wanneer U woorde in ons is, ons kan vra net wat ons wil, en ons sal dit kry. Here U wil hê ons moet vrugte dra en U dissiples wees.


Gee ons die krag om as 'n land te vereenig in gebed, dat ons leiers, besluitnemers, U sal raadpleeg in elke besluit, hoe groot of hoe klein.


Laat ons op ons knieë bly en elkeen wat in daardie posisie is voor U kom neerlê en berus by die wete dat U nou in beheer is.


Here ons kan al sien hoe ons land verander, van 'n land volg geweld, korrupsie, moorde, geen respek tot daardie land wat vol liefde, geduld en respek vir ander is.


Here help ons om te glo in die droom en dat ons geloof in U ons sal toelaat om te doen wat U gedoen het: ons sal dinge nog groeter as dit doen soos U in Joh 14:12 ons die versekring gee.


Ons kom voor U soos Jeremia en bid, maak aan ons bekend waarheen ons moet gaan en wat moet ons doen [Jer 42: 3]


Dankie dat ons weet U altyd luister en beskikbaar is. Here ons het U nou meer nodig as ooit daarom kom bid ons vir ons land, regering en alle besluitnemers dat hulle geestesoë sal oopgaan om die hoop in U te sien.


Ons loof en ons prys U


AMEN



54 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page