top of page

20 min vir 20 dae - Bekommernis - Wat doen ek met kommer?


Wat moet ons met kommer doen? Dit is seker een van die grootste siektes van ons tyd. Selfs die COVID 19 kom nie naby die kommer waarmee ons daagliks saam leef nie.


Ons lees in Lukas hoe Jesus verlore geraak het tydens die terugreis van Jerusalem af, na die paasfees. Ons ken die sporie tog te goed maar in Lukas 2:48, kan jy die bekommernis sy ouers woorde hoor: [48] |Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae en sy moeder sê vir Hom: "Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek. Vir die van ons wat kinder het sal weet dat die bekommernisse soveel groters is as dit kom by jou kinders. Ons ouers was so, ons is so, dit is maar net hoe dit moet wees.


Ons lees ook in 1 Sam: 10, hoe Sameul vir Saul salf met 'n kruik olie voordat hulle die donkies wat verlore was te gaan soek. Sameul noem in 1 Sam 10: 2, Hy is bekommerd oor julle, dit is Saul en die slaaf, en vra: Wat kan ek omtrent my seun doen?


Die woorde in Spreuke 12: 25 is so waar. Ek dink baie ondervind dit daagliks. [25]. Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.


Uit die gedeeltes gaan dit oor die kinders, Jesus wat wegraak en Saul wat gestuur is om die donkies te soek. Ons, as ouers, is maar altyd bekommered oor die kinders, veral as hulle uit die huis uit is en nou hulle eie pot moet krap. Ons as ouers word net weer herinner aan hoe om die kommer te hanteer. En in dieselfde asem word ons kinder ook herinner oor jonk wees.


Wat doen ek met kommer?


In Prediker 11:9-10 sê; [9] Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.[10] Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou ligaam kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks. Ek dink die Here wil hê ons kinder moet hulle kan geniet en vreugde vind in alles, maar mag nie uit die oog verloor dat God rekenskap gaan eis nie.


Vir ons as ouers, word ons bemoedig deur Matt 6:31-32, Julle moet julle dus nie bekommer en vra:"Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek nie?" Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle helemse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. En ons kry die antwoord in Matt 6:33 -34, en dit is nie net op kommer van toepassing nie, nee op alles van die lewe. [33] nee, beywer julle allereers vir die koningkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. [34] Moet julle nie bekommer oor môre nie, want more bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.


Ek dink ons moet leef soos daar in 1 Kor 7:29-35 staan. [29] Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie; [30] en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie; [31]en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby. [32] En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag, [33] maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag. [34] Daar is ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag. [35] Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op 'n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.


God belowe om die kommer weg te neem!!


Ons lees Gen 41 hoe Josef die farao se drome uitlê. Josef sê vir die farao in [25] U het maar net een droom gehad. Wat God wil doen het Hy aan u geopenbaar en Josef bevestig dit weer in [28] "Dit is wat ek bedoel het toe ek gesê het dat God u laat sien wat hy wil doen. Die Here werk op wonderlike wyses, deur drome, deur mense wat oor jou pad kom, deur vriende of die Heilige Gees sal jou gedagte so rig dat jy weet wat die Here wil hê.


Jou ingesteldheid en fokus op God sal bepaal in watter mate die Here aan jou sal openbaar. Paulus gee vir ons die antwoord.


Ons moet bid!


Dit is die bekende twee verse in die bybel wat ons baie keer vergeet Fil 4: 4-9 [4] Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! [5] Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. [6] Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. [7] En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.[8] Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

[9] En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.


Petrus skryf en gee ook raad in 1 Pet 5:7 ' Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. '


Ons lees in Matt6:33-34, 'Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.'


Dis baie goed om te bid maar hoe dan nou verder?


Jesus sê vir die dissipels in Joh 14:1 'Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My, want Hy belowe vir ons in Joh 14:27 dat Hy: ' Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. '


God weet wat ons nodig het, wat ons kinder nodig het en Hy sal voorsien in elkeen van ons behoeftes. Fil 4: 19 'En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus. '


Joh 4:18, 'Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword nie nie.


Nou weet ons dat kommer en vrees nie deel van God se woorde skat is nie. Ons moet dit vir Hom gee en weet dat deur ons te bekommer nie ons dag selfs met een uur sal verleng nie. Weet dat God in beheer is en dat Hy weet wat nodig is. Ons moet ook die lewe geniet want dit is van kort te duur. Vir jou vreugde in Hom.


GEBED

Ag Here, ons wil onverskoning kom vra, dat ons bekommerd is, dat ons fouteer deur nie in U te glo nie. Dat ons die duiwel toelaat om die kommer in ons wakker te maak en ons van struikel bring.


Help ons om ons vertroue in U te stel en op U te vertrou. Geen ons die krag deur die bloed van Jesus, om U koningkryk eerste te soek en U sal ons gee wat ons hart begeer.


AMEN


18 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Kommentare


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page