Wanneer ons water wat bitter was soet geraak het moet ons met blydskap na God kan gaan en die Here dank dat Hy ons geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis waartoe Hy ons geroep het. Dit staan in 1 Kol 1:12-14 Ek bid ook dat julle met ’n blye glimlag aan die Vader alle eer sal gee en Hom sal grootmaak. Sê vir Hom dankie. Hy het alles gedoen wat nodig is sodat julle die reg het om vir altyd te wees waar Hy, die groot Koning, heers. Hy sal julle beskerm. Daar waar God se wonderlike lig sonder ophou skyn, sal julle saam met al sy ander kinders bly. Julle vra hoe dit moontlik is. Wel, ons was eers in die donker mag van God se vyande vasgevang. God het ons egter uit hulle mag geruk. Nou staan ons onder die mag van sy Seun. Dit is die Seun wat Hy liefhet. Hierdie Seun raak ook namens ons ontslae van die skuld wat ons deur ons sondes op ons gelaai het. Deur sy toedoen word ons sondes vergewe.
Sê ons vir God genoeg dankie? Wanneer laas het jy dit gedoen? Ek dink nie aldag dat ons besef wat 'n voorreg ons het deur Jesus Christus nie. Hy het alles gedoen wat nodig is om te doen sodat ek en jy die reg het om vir ALTYD te wees waar Hy is. Julle, dis groot woorde die!! Nie net het Jesus vir ons aan die kruis gesterf nie, Hy gee ons die reg om vir altyd by Hom te wees. Ons moet met 'n blye glimlag aan God die eer gee.
Nou kom die vraag by my op, Hoe kan ek God eer?
Ons kry die antwoord in Heb 13:15 - Laat ons God daarom gedurig prys en mooi dinge oor Hom sê omdat Jesus dit vir ons moontlik maak. Dít moet mense doen wat openlik sê dat hulle aan God behoort. Onthou ook om goed te wees vir ander mense. Gee ook vir hulle van dit wat jy het. God hou daarvan as ons so maak.
Elkeen van ons kan met die laaste gedeelte maak wat ons wil. Kan jy geld gee, kos gee, tyd gee, bid vir ander. Die Here wil hê ons moet kan getuig van sy goedheid, vertel van wat Hy in my en jou lewe doen en beteken.
Ek het gister 'n getuienis gehoor van 'n gesin wat probeer het om nog 'n kind te hê. Op 12 weke het die dokter die vrou meegedeel dat alle skanderings en toetse wys dat die baba, 'n down sindroom baba is, en dat dit beter sal wees as die geboorte beeindig word. Die ouers het vas geglo dat dit die besuit van die Here is en dat hulle nie iets sal doen as dit die God se goedkeuring wegdra nie. Met die voorlaaste ondersoek is die baba geweeg en slegs 2,1kg. Baie klein wat dalk baie komplikasie mag hê. In die laaste week van die swangerskap het die baba meer as een kilogram opgetel en die baba is gebore met geen neweffekte nie. Normaal, sonder die down sindroom. Op 'n 3 jarige ouderdom vertel die dogtertjie aan haar ouers dat Jesus in die laaste week van die swangerskap met haar gesels het en dat haar rug, nek en eintlik alles seer was. Jesus het gesê dat Hy haar sal help en sy het een kilogram opgetel in 7 dae. Volgens die dokters is hierdie ongewoon en is verseker 'n wonderwerk. In die stemboodskap vertel die oupa van hoe mooi , sag en liefdevol sy kleinkind is. Sy deel graag drukkies uit en gesels so maklik met ander mense. Sy het eenkeer net na 'n Indiese man toe gestap en hom net 'n drukkie gegee. Dit was ongewoon vir hulle om mekaar te druk en dit het die man baie aangeraak. Net met die drukkie het die man bekeer en God begin aanbid, en dit deur 'n klein dogterjie. Die man en sy gesin dien nou die Here.
As jy bly is oor iets, wil jy moes net vertel, jy wil vir die hele wêreld laat weet wat met jou gebeur het. Wanneer jy die eerstespan gehaal het, of as jy die debat gewen het, is ons reaskie, die wêreld moet vertel word. Daar sal langafstand oproepe gemaak word en met volle oorgawe vertel word. Hoekom doen ons dit nie wanneer God ons gebed verhoor of as daar 'n wonderwerk in lewe gebeur nie? Jy het dalk onverwags fondse ontvang, of die Here het met jou deur sy Woord met jou gepraat.
Ons moet die Here loof en prys omdat Hy ons elke dag spaar en nog 'n nuwe dag te gee. Dit opsigself is is al klaar 'n wonderlike ervaring.
Ek wil vanoggend 'n "challenge" op die tafel sit. Ons sien orals dat die mense mekaar uitdaag om sekere dinge te doen. Kom ons gee aan God die eer en getuig van sy goedheid. Ek "challenge" elkeen wat hier lees om te getuig van God se goedheid en grootheid in jou lewe. Stuur dit vir ons en ons sal dan al die getuienisse op een blad saam trek en gebruik om ander nader aan God te trek. Jou getuienis, soos die dogtertjie se drukkie, kan iemand van plan laat verander en God begin dien. Kliek op die skakel om jou getuienis te lewer.
Wil jy graag getuig oor die goedheid van die Here in jou lewe? Kom vertel ons. Jou getuienis kan maak dat iemand anders die pad na die Here vind. Dit kan hoe klein of groot wees, jy red iemand se lewe!!
Het jy gebed nodig? Ons is hier vir jou. Stuur vir ons jou versoeke en ons gebeds span staan reg om saam met jou te bid.
Wil jy die Here dien en deel maak van ons gebed in aksie groep? Stuur vir ons jou inligting en ons sal via Whatsapp, epos en toepassing in verbinding wees. Raak diensbaar en word deel van God se koningkryk.
Comments