top of page

20 min vir 20 dae - Dag 3 - vir ons mediese personeel en hospitale


Met die uibreek van die pandemie is daar geweldig baie druk op die mesiese personeel en ons hopsitale geplaas om net te probeer om sin te maak van alles.


Dit word bevestig in Ef 4:7 dat elkeen van ons 'n genadegawe ontvang het volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. Die beroep is vir spesiale mense, mense wat nie op die ingewing van die oomblik gekies word nie. Nee, jy moet gebore word vir dit. Dit vat jare se studies, opofferings, geduld, passie en liefde. Daarom dink ek dit is gepas dat ons vir die mediese profesie sal bid soos Paulus in Efesiërs 3:14-20.


[14] Daarom kniel ek in gebed voor die Vader [15] aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.[16] Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, [17] dat Christus deur geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.[18] Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en hoe ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.[19] Mag julle sy liefde ken, die liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. [20] Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.



Kom ons bid dat julle die krag van God, sy liefde en genade sal om daagliks deur soveel trauma, hartseer, pyn en lyding te gaan en nogsteeds staande te bly, dit is verseker 'n genadegawe. Om wanneer iemand aan die dood afgestaan word, is julle altyd daar met passie en gevoel. Julle sal altyd vir ons wat siek is, dalk terminaal siek is, in die hospitaal bed lê, daar wees en ondersteun.


Nou waar ons deur die trauma gaan van die COVID 19 is julle die eerstes wat werklik kennis maak met die siekte en lang ure, tyd spandeer om die wat deur die siekte geraak word, tot herstel te bring. Ons bid soos Paulus vir julle innerlike sterkte en die krag en dat die liefde wat julle het, vir die profesie, in Jesus Christus gewortel en gegrondves sal wees.


Soos Paulus sê; Mag julle in staat wees om begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus Jesus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan en sy volheid ervaar in alles wat julle doen.


Julle is altyd die eerste en laaste front wanneer ons dalk siek is, op die teater tafel lê, of terminaal siek is. Ons bid dat Christus Jesus julle die krag sal gee om staande te bly wanneer julle dalk die familie laat kom om te kom groet en laaste eer te betoon.



Wanneer julle vir die pasient moet sê dat daar nie meer baie tyd oor is nie, niks meer gedoen kan word nie, dat julle innerlik sterk sal wees en die trauma saam met die pasient deel.





My gebed vir julle.


Almagtige Vader, ons kom sê baie dankie dat U die genade gawes aan die persone gegee het wat die profesie gekies het. Dat U hulle daagliks ondersteun en bemoedig om ons deur die siekte of trauma te dra.


Ek bid dat U elke persoon, van die spesialis tot die skoonmaker sal seën met U liefde wat wyd, ver, hoog en diep strek. Mag hulle U genade wat U vrylik aan hulle uitdeel, hulle versterk en bemoedig on staande te bly in al die siekte, dood en trauma wat hulle ervaar.


Dankie dat hulle bereid is om U te dien.


Seën hulle met U liefde Here.


AMEN






29 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page