top of page

20 min vir 20 dae - Dag 4 - Vir Jan alleman soos ek en jy



As daar gebid moet word dink ek dat ons baie ernstig moet bid vir ons lands burgers, vir my en vir jou., die jan alleman. Ons dra die gebed op aan almal wat dalk in dien tye:


  • Hulle werk verloor het en met geen heenkome sit nie. Wat voel asof die wêreld hule verstoot het. Wat nie weet watter kant toe nie. Huur moet betaal word of die krgat is nou afgesny, of die skuldeisers klop aan die deur.

  • Wie se salaris as gevolg van die tye ingeperk is. Jy kry nou dalk net 40% van jou normale salaris of selfs nog kleiner.

  • Jy moes jou mediese polis of versekering staak om aan die lewe te bly.

  • Jy moes dalk jou tweede motor verkoop om aan die lewe te bly en te voorsien

  • Die droom vakansie wat jy vir die winter beplan het kanseleer om die deposito terug te kry


  • Jy is dalk uit jou huis gesit en bly nou by familie of vriende

  • Jy gaan maar daar waar jy 'n warm plekkie kan vind.

  • Jy is alfhanklik van die toelaes wat deur die regering betaal word maar sukkel om die fondse aan die hande te kry

Ons almal gaan deur diep water in die tye maar Paulus bemoedig ons deur Kol 1:21-23:


[21] Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle lewenswyse. [22] Maar nou het Hy ook julle met Hom versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom stel. [23] Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan die mense op die aarde verkondig is en waarvoor ek, Paulus, 'n dienaar gewrord het.


Nou weet ons dat die evangelie wat ons gehoor het ons naby God sal hou, as jy die eerste tree gee en na die wil van God soek.


Paulus skryf die brief Kolosense aan die gelowiges in Kolosse om moontlike dwalinge te bekamp en om die gelowiges te herinner dat hulle in Christus Jesus alles het wat hulle nodig het. Paulus bid vir hulle die volgende gebed en dit is ook ons gebed vir elkeen wat hom / haarself kan inleef in slegs die paar punte hierbo. Daar is dalk baie ander reds maar ons fokus op die dalk later.


GEBED

[9] Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal ken,

[10] sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur te doen way Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

[11] Mag God deur sy wonderbare krag julle all sterkte gee om in alle omstandigehede geduldig te volhard.

[12] Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle gekik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.

[13] Hy het ons uit die mag weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.

[14]Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

AMEN

8 views1 comment

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

1 comentário


Hannelie Van Schalkwyk
Hannelie Van Schalkwyk
21 de jun. de 2020

Amen 🙏 Prys die Here ek is vandag die Jan alleman wat gebed nodig het, ek het nodig om te leer vat als wat na my toe kom en verwerk dit in die liefde van God deurvdie Naam van die Here. Dankie vir hierdie 20 min vir 20 dae selfs as ek bid vir ander openbaar ons Allerhoogste God vir my iets van myself.

Curtir

GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page