top of page
Writer's pictureGeloof

20 min vir 20 dae - Dag 7 - Om nie besorg te wees nie


Soek jy ware vreugde en blydskap in jou lewe? Dit is sekerlik iets waarna ons smag of mag dalk jou lewenslange ideaal wees. Paulus sktyf die boek Filippense met die doel om die gelowiges in Filippi te bemoedig en te versterk deur hulle te herinner, dat ware vreugde net van Jesus Christus kom. Die brief aan die Filipesse word beskou as die blydskapbrief. Lees dit die hele brief. Kliek op die skakel. https://bit.ly/3hWxa0G




Kom ons staan stil by Fil 4:4-7 [4] Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! [5] Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. [6] Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. [7] En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.


Paulus verwys sestien keer na blydskap en verblywing, daarom kan jy die blydskap en vreugde in Paulus se woorde lees en jouself inleef daarin. Ons leef in 'n wêreld van angs, vrees en bekommernis en ons sal geensins vreugde en blydskap kan ervaar as Christus nie in ons is nie. Dink aan Paulus, hy sit in die tronk, en tog getuig hy van sy blydskap en vreugde wat hy ervaar. Paulus se innerlike gesteldheid, sy vreugde en blydskap, was nie bepaal deur sy uiterlike omstandighede nie. Hy het geweet dat Jesus Christus met hom is, kom wat wil. Dit is hoekom hy soveel vreudge ervaar en uitleef. Ons kan net soos Paulus innerlike vreugde ervaar as ons weet dat Jesus Christus in ons is.


Paulus sê in Fil 3:7-9 [7] Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, [8] ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en [9] een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.


Ons het baie dinge wat ons vreugde kom steel soos, bekommernisse oor jou finansies, jou huis en jou werk ens. Hoe groot of hoe klein, daar sal altyd bekommernisse wees. Wat het Paulus gedoen om die bekommernisse in vreugde te verander. Paulus bid vir die gemeente in

Fil 1: 6, 9-11 - [6] 'Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. [9] 'Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, [10]sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, [11] en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.


Is dit nie hoe ons moet leef en voel nie? Paulus sê, ek wil ook nou, soos altyd ,met volle vrymoedigheid deur my hele wese, Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. Die brief is geskryf om vir die gemeente in te lig dat dit beter is vir hom om te sterf maar dat dit noodsaakliker is dat hy lewe om vir die gemeente in Filippi, en vir jou en vir my. Hy sê in [25] omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek sal bly, ja, vir julle almal behoue sal bly, sodat julle kan toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof kan hê. Ons moet die Here loof en prys dat Hy Paulus laat lewe het om vir ons lewe te gee.


Paulus se bekommernisse het in gebed verander en so moet ons ook wanneer bekommernis jou beetpak, stop wat jy doen, raak stil en bid tot God om jou die vreugde te gee. Dit is nie wêreldse vreugde nie, dit is ware vreudge en vrede wanneer jy weet die Here is in beheer, dat jy veilig in God se hande is. Paulus beskryf dit so mooi in 1 Fil 4: 8 en 9 [8] Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. [9] En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.


Ter afsluiting verduidelik Paulus dat hy weet wat dit is ryk te wees en om arm te wees. Hy het ondervinding om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.


Kom ons raak stil voor God in die 20 min wat ons wat ons opoffer en bid dat alle gelowiges dieselfde insig en krag sal ontvang om hulle vreugde en blydskap in Jesus Christus te vind.


GEBED


Almagtige God en Vader, ons kom staan voor U en bid soos Paulus dat U die goeie werke wat U in ons begin het, end-uit sal volhou tot die dag van U wedderkoms.



Vader laat ons liefde toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat ons kan onderskei waarop dit werklik neerkom.


Vader help ons om al ons bekommernisse by U te kom neersit en die geloof te mag hê om U tenvolle te vertrou.


Vader help dat ons geloof in U sal toeneem en versterk word deur gebed vir mekaar. Dat ons as gelowige mekaar sal aanspoor en bemoedig om regtig vreugde en vrede by U te vind.


Help ons om niks uit selfsig of eersug te doen nie, maar dat ons uit nederigheid die een nie hoër as die ander een ag nie.


Help ons om nie na ons eie belange te dink nie, maar ook aan die van ander.


Maak ons gewillig en bekwaam om U wil uit te voer.


Help ons alle te doen sonder om te kla of teë te praat.


Laat ons geloof 'n offer in diens van U is.


Laat ons alles wat ons as bates beskou nou waardeloos is ter wille van Christus, want om U te ken oortref alles.


Gee ons die vryspraak omdat ons in U glo.



Ons wens is om U te ken, die krag van U opstanding, Jesus Christus te ondervind en deel te hê aan U lyding deur aan U gelyk te word in U dood.


Help ons om ons los te maak van wat agter is en uit te strek na wat voor is.


Help ons om die wenstreep te haal sodat ons die hemelse prys kan kry waartoe God ons geroep het in Jesus Christus.


Help ons om geestelik volwasse te wees en hierdie gesindheid te hê.


Help ons om vas te staan en getrou aan die Here te bly.



AMEN


Gebed in Aksie (Kom ons bou die grootse gebed aksie in die wêreld)

Wil jy deel raak van ons gebed groep? Ons het mense nodig wat saam tot God sal nader om vir ander te bid. Paulus het gereed en aanhoudend gebid vir ander gemeentes en gelowige. So ek nooi jou uit om deel te raak. Jy sal die gebed per epos ontvang en jy kan dit in jou eie tyd opdra aan God. Ons probeer ook om gereelde terugvoer te kry van die saak waarvoor daar gebid word om dit te gebruik as getuienis om ander aan te spoor. Kliek op die skakel. https://bit.ly/3d3lcP7


Gebed Versoek

Het jy nodig dat ons vir jou moet bid, laat weet vir ons. Ons het 'n gebed span wat regstaan om jou te ondersteun en tot God te nader om na jou hart te luister. Hoe klein of hoe groot ookal, stuur dit vir ons. Kliek op die skakel om dit te stuur https://bit.ly/3d6IzaL


Wil jy getuie van hoe God jou lewe verander of beterskap bewerkstellig het

Dit is so belangrik vir gelowige om mekaar aan te moedig, om te deel in die leiding en blydskap. En al hoe ons dit kan doen? Deur te getuig van die wonderwerk wat Jesus in jou lewe laat gebeur het. Dalk het jy iets onverwag ontvang, ek glo dat dit van God afkom. Kom vertel jou storie en maak dit so deel van iemand se lewe, deur dit as bewys en tot eer van God uit te leef. Kliek op die skakel om te getuig. https://bit.ly/2Nz1BMh




29 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page