Ons almal moet werk, 'n inkomste verdien, en soms is dit baie moeilik om altyd positief te wees. Dis is ongelukkig maar hoe die lewe is. Ek staan stil by Eksodus 31:3. Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen.
Die Here sê aan Moses dat Hy vir Besaleël gekies het om die tent van ontmoeting te bou. Hoor hoe mooi stel God dit, ek het hom toegerus sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen. Enige werk, met insig en verstand. Dit klink na 'n volmaakte mens. Die Here sê vir my en jou, dat ons enige iets sal kan doen, volmaak wees, as Hy ons deur die Gees toerus.
Bou vandag 'n tent van ontmoeting vir die Here in jou lewe. Bid dat die Here deur die Gees sal toerus met die vaardigheid, insig en verstand, om 'n verskil in iemand ander se lewe te bewerkstellig. Die Here kom bevestig weer in vers [5], hy sal enige werk kan doen., en hy sal ook nie alleen wees nie want God het vir Oholiab aangestel om saam met Besaleël te werk. So is jy ook nie alleen nie, die Gees sal mense aanstel om jou in wat jy ook al moet doen ondersteun.
Baie interesant is dat dit die eerste keer is dat daar van die Gees van God in die Ou Testament genoem word. Dit wat Besaleël moes doen was nie 'n sekulêre daad nie maar is godsdienstig van aard daarom het hulle die wysheid van die Gees ontvang.
Is jy dalk bang of onseker om God se tent van ontmoeting in jou lewe te bou? Is jy bang om te getuig van God se werking in jou lewe?
Wees gerus, God sal jou toerus, insig gee en die vaardigheid in jou skep om die tent van ontmoeting in jou lewe te bou, instant te hou en te laat groei.
In die 20 min van stil wees, voor God, vra dat God jou sal toerus, insig gee en die vaardigheid aan sal leer om die tent van ontmoeting in jou lewe te bou.
GEBED
Almagtige Vader, ons vra dat U ons die insig, kennis, en vaardighede sal aanleer om vir U 'n tent van ontmoeting in ons lewns te bou.
Laat U Gees ons versterk, beskikbaar maak, en die krag te gee om U Naam te verheelik in alles wat ons doen.
AMEN
Comments