Daar gebeur so baie dinge in elkeen van ons lewens, die pyn en seer van iemand wat deur COVID 19 geraak word, onsekerheid oor die toekoms, waar kom die volgende maaltyd vandaan. Ons as wedergeborenes leef asof God in ons leef. Die TV, radio en koerante, is iets wat geen inpak op ons maak nie. 2 Kor 5: 7 'For our life is a matter of faith, not of sight. Ons lewe deur geloof en nie sien nie.
Riekert Botha skryf in een van sy oordenkings, dat geloof beteken dat ons verstaan en besef dat, Jesus is wat Hy gesê het Hy is en niks minder nie. In Joh 14:6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Ons begrip en geloof in Jesus moet sigbaar wees om te reageer op Sy roepstem, en ons lewe voor Hom bloot te lê, sodat Hy oor ons kan regeer soos Hy goeddink.
Petrus skryf in 1 Pet 2:2 'n Babatjie wat pas gebore is, is dors vir ’n bietjie melk. Net so moet julle altyd die skoon, geestelike melk wil hê. Dit sal julle geestelik groot en sterk laat word as mense wat God s’n is.
Al hoe jy die melk gaan kry is om nie geestelik blind te wees nie. Ons lees hoe Johannes in Johannes 1:1 Die Woord, deur wie ons God leer ken, was reg aan die begin reeds daar. Die Woord was by God en die Woord was God. Die woord van God is Jesus Christus wat ons harte kom suiwer het. Om te groei in Jesus Christus is om gesuiwer te word.
Ons moet besef dat krisisse, beproewings en versoekings bring ons nader aan Jesus. Beskou die beproewing, krissis en versoekings as die geleentheid om jou weg weer na Jesus terug te vind. Moenie dat die krissis, beproewing en versoeking negatiewe enegrie in jou lewe veroorsaak nie. Jesus skakel daardie negatiewe energie om na positiewe energie, om die mooi in jou dag raak te sien, te sien hoe God in jou lewe werk. Matteus se bekende vers Matt 6:6 As jy bid, gaan dan na ’n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.
Paulus moes eers vir die wêreld blind raak om by God uit tekom. Lees gerus Handeling 9, dis aangrypend tot die besef te kom dat God met Paulus gepraat het en sy lewe het 'n 360° omgekeer. Dit is ook 'n bewys dat God enige iemand sal en kan gebruik om sy Naam te verheerlik. Van vervolger tot volger. Jesus kan vir jou ook dieselfde doen, net soos Hy vir Jakob ook gedoen het in Genesis 30. As God jou will seën, sal Hy dit doen maak nie saak wie wat sê nie.
Gaan in jou tent van ontmoeting in en vra God om jou geestesoë te open om Hom te hoor, leef saam met God want Hy is by jou.
GEBED
Vader open ons geestesoë om na U te kan luister.
Help ons om te luister as U praat. Te hoor wat U sê en gehoor gee daaraan.
AMEN
Comments