top of page
Writer's pictureGeloof

20 min vir 20 dae - God se reaksie op gebed - Hy antwoord


Ons almal het gereeld bemoediging nodig om ons krag te gee vir die nuwe dag of dalk die nuwe dinge wat jy aanpak. Bemoediging om deur jou krisis te kom, jou omstandigehde by die huis, by die die werk, jou finansies. Kom ons wees eerklik met mekaar, daar is so baie waarvoor ons kan en moet bid. In die tye waarin ons nou is, veg egter dat ons nog meer tyd op ons knieë sal moet wees, om die aanslae van die duiwel teen te staan. Ons word nou tot die uiterste getoets en ons sal net die toets deurstaan as ons stukkende plekke op ons knieë het.


Die Here wil vir jou en my kom sê dat Hy weet wat jou pla en wat jy nodig het. Hier waar ek stil raak en met die Here praat en vra, kom daar baie gedagtes op en moet ek kom bely dat daar dae in my lewe is wat ek ook maar sukkel en voel dat die Here nie na my luister nie. Ons moet onthou dat die Here op baie verskillende wyses ons gebede verhoor en dat dit nie vir almal dieselfde sal wees nie.


Ons lees in Ps 34, wat 'n lied is, wat Dawid skryf het en jy kan die opgewondenheid in sy stem hoor. Ek kry die gevoel dat Dawid so opgewonde geraak het dat hy kranksinnig geraak het. Hy het mal geword van opgewondenheid. Ons lees dit in Psalm 34:2-4 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys. Kan jy die opgewondenheid sien en hoor. Hy sing die Psalm vir die wêreld. Hoor die passie in hoe hy dit sing!


Dawid nooi ons in Psalm 34 [9], [12] en [16] uit om God te ervaar en te beleef. [9] Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil, om God se goedheid te ondervind. Moenie bang of skaam wees nie. In vers [12] sê Dawid, Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien. [16] Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.


In vers 5-7, 18 sê Dawid, Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. [6] Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. [7] Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. [18] As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. [19] Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. [20] Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. [21] Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie. [22] Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang: vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.



Ons kan nie bekostig om nie die Here aan te roep nie of nie by Hom skuil nie, want die wat swaarkry sal straal van blydskap en sal nie teleursgestel wees in ons verwagtinge nie. Dit gaan goed met die mens wat by die Here skuil. Dit is nie iets wat jy net sal ontvang nie, daar moet 'n daadwerklike poging van jou kant wees. Hy spel dit vir ons uit in [13 & 14] As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!


As ons nie gehoor gee aan Dawid se roeping sê hy in vers [17] Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.


Om af te sluit lees ons Sag 10:6 waar die Here vir Sagaria sê [6] Dit sal wees of Ek hulle nooit van My af weggestoot het nie. Ek is die Here hulle God wat antwoord gee op die gebede wat hulle gebid het.


Dit is dalk nou die tyd, om soos Dawid kranksinnig te raak van opgewondenheid en jou doodsgevare, jou bekommernisse, jou verwagtinge voor die deur van God neer te lê en ook die lied saam met Dawid te sing. Gaan met 'n verwagting na God en deel jou harts geheime met God, al ken Hy dit alreeds, wil Hy dit graag van jou hoor. Moenie dat jou gebed droefheid en hartseer as ondertoon het nie. Laat dit 'n lied wees wat God se hart sal bly maak omdat jy weet nadat jy nou hier gelees het, weet dat God naby is, dat Hy jou gebede sal aanhoor en dat Hy sal antwoord soos hy belowe het. Soos Dawid sê in vers [7], hy is ook een van die elendiges wat geroep het en die Here het hom uit sy benoudhede gered. Glo, weet dit en dit sal so wees. Ons houding waarmee ons na die Here gaan is seker, in baie gevalle, met droefheid en smart, maar dis tyd en dit is nou, om God te nader met vreugde en liefde en die wete dat Hy ons gebede hoor en sal antwoord.


Dawid sê, kom ondervind dit want dit gaan goed met die mens wat by God skuil. Jy wat die Here dien , het geen gebrek nie. Die wat die Here se hulp vra kom niks kort van al die goeie dinge nie.


GEBED


Almagtige Vader wat in hemel is,

laat U naam geheilige word,

laat U koningkryk kom,

U wil geskied,

soos in die hemel en so ook op die aarde,

gee ons vandag ons daaglikse brood,

en vergewe ons ons sondes,

net soos ons ook vergewe,

laat kom ons nie in die versoekings nie,

maar verlos ons van die bose,

want aan U behoort die heerlikheid, die krag, tot in alle ewigheid

47 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page