Moses was seker een van die mense in die bybel wat dit baie moelik moes gehad het. Hy was 'n man wat nie baie gepraat het nie, geen kwalifikasie nie, en dalk in die begin nie'n goeie leier nie, en tog het God hom gebruik om duisende mense uit balingskap te red. Hy het voor baie struikelblokke en probleme te staan gekom, was verwyt en in sekere opsigte gedreig met die dood. Hy neem die volk uit Egipte, deur die see, maak die bitter water soet, en nogsteeds is die volk nie tevrede nie. Hoor die volk se gevoel in Eksodus 16: 2-3 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer. En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Kan jy die erns van die saak sien? Wees vir 'n oomblik Moses en verstaan hoe hy moes gevoel het. Die druk van die volk, om God se wil te soek, dit moes sy gedagtes oorheers het. Kom ons nie ook maar ook in sulke omstandighede nie? Die Here het Moses se gedagte gelees want in vers 4 sê die Here vir Moses, hy het dus nog nie vir God gevra om hom te help nie, kom die Here en sê, Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Hier is die eerste teken van dat die Here die onmoonltlike doen.
Moses beveel Aäron om die volk bymekaar te bring en terwyl hulle daar bymekaar is en na die woestyn se kant kyk, word hulle bewus van die magtige teenwoordigheid van die Here in 'n wolk. Hier is die tweede teken dat God die onmoontlike kan doen.
Moses deel die volk mee dat teen skemeraand hulle vleis sal eet en teen môreoggend sal hulle oorgenoeg hê om te eet en dat hulle sal besef die Here hulle God is. Die tweede wonder, die wolk van God se teenwoordigheid trek oor die kamp en die kamp is oortrek met fyn vlokkies wat soos ryp lyk. Die derde teken!! Dit is iets wat hulle nie ken nie en vra in vers 15 "Wat is dit?" Moses dra aan die volk oor soos hy die woord van die Here ontvang het en sê, maak bymekaar volgens elke gesin se behoeftes, twee liter per kop. Die afleiding wat ek maak in vers 17, is dat elkeen in die gesin het vir homself / haarself bymekaar gemaak het, en toe hulle alles bymekaar gooi het almal volgens die maat soos deur God bepaal, bymekaar gemaak. Teken nommer 4
Die Here het beveel dat dit wat vandag bymekaar gemaak is nie mag oorstaan tot more toe nie, elke dag sorg vir homself. Soos ons as mens is, het van die volk dit laat oorstaan en teken nommer 5, dit wat oorgestaan het, het miet ingehad en kon nie geët word nie. Ons lees in [21] dat hulle vroeg in die oggend bymekaargemaak en as die son begin sak, het dit weggesmelt. Teken nommer 6.
As jy verder lees begin die volk weer vir Moses aanval in Eksodus 17: 2-3 Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: “Gee jý vir ons water om te drink!” En Moses antwoord hulle: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?” Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?”
Dit is nou die hoeveelste keer dat hulle Moses aanval en voor die spervuur plaas. Moses doen die regte ding in vers 4 en roep tot die Here, [4] Daarna het Moses tot die Here geroep: “Wat moet ek met hierdie volk aanvang? Netnou gooi hulle my met klippe dood.”
Die Here geen vir Moses die opdrag om, dieselfde kierie waarmee hy op die Nyl rivier geslaan het, op die rots te slaan, en daar sal water uitkom, teken nommer 7. Ek dink nie die volk het ooit verwag dat daar water uit 'n klip kon kom nie. Ek wil half die stelling maak, kry hy die volk as te ware terug, met die woorde, "Is die Here by ons of nie?"
As jy na jou eie lewe kyk, vra jouself die vraag af, "Is die Here by jou of nie?" Is ons tevrede met wat ons het? Vertrou ons God genoeg om soos Moses te weet dat Hy sal voorsien?
Ons kan deur die voorbeelde baie leer waartoe God in staat is. Hy doen bonatuurlike dinge!!
Glo en vertrou God, al is dit net om 'n bietjie water te bekom.
Comments