top of page
Writer's pictureGeloof

Jesus se eerste optrede - Wie is die belangrikste in jou lewe?

Updated: Jul 11, 2020


Jesus se eertse optrede was toe Hy gehoor het dat Herodes vir Johannes in die tronk gesit het. Jesus het besluit om Galilea toe te gaan en en ons lees dit in Matt 4:12-17 EN toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan. En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene — die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.


Jesaja het voorspel dat Sebulon en Naftali die eerste gebiede sal wees wat die aanslag gevoel het. Soos daar in Jesaja 7 en 8 gelees word het hulle in donkerte geleef. Jesaja maak die belangrike aankondiging in Jesaja 8:23 dat die Here die gebiede in ere sal herstel deur die geboorte van sy Seun, Jesus Christus. So terloops, dis gemaak 732vC. Jesaja 9:1 Die volk wat in die donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het daar lig gekom.


Voel dit vir jou of jy in die land van donkerte leef, Jesaja bemoedig ons met die woorde in 9 [2] Hulle het hulle in U teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel.


9 [5] Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee:

Hy sal heers, en Hy sal genoem word:

Wonderbare Raadsman,

Magtige God,

Ewige Vader,

Vredevors


Wonderbare Raadsman

Hy het nie raad van iemand nodig nie en gee raad wat nêrens anders te

vind is nie


Magtige God

Jesus is ons direkte verteenwoordiger van God, ons beleggings bestuurder, finansiële raadgewer, huweliks berader, werkskepper, sielkundige


Ewige Vader

Hy is vir altyd daar en sal vir altyd vir ons sorg


Vredevors

daar is harmonie onder Sy bestuur. Dit sal uitbrei en sal gekenmerk word deur voorspoed


[6] Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.


Is Jesus jou Wonderbare Raadsman, waar jy enige raad kan kry, God se verteenwoordige op aarde, wat altyd vir jou daar sal wees. Soos 'n vader vir sy kinder altyd daar is. Waar daar vrede en harmonie is. Ek dink dit tyd dat ons Jesus eerste stel, by hom raad vra en ons vrede in Hom vind want Hy sal vir altyd daar wees.


Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.



GEBED

Dankie Jesus dat U ons Wonderbare Raadsman is,

Ons Magtige God is,

Ewige Vader en

Vredevors is,


Help ons om U in alles te ken, raad te vra, soos 'n kind raad soek, by U sal aanklop en


dat ons ons vrede in U sal vind.

AMEN


 


:




27 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Commenti


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page