Ons volg vir Moses op sy reis uit Egipte deur die woestyn. Daar het baie dinge oor sy pad gekom en een van hulle was om oorlog te voer teen die Amalekiete. Ons lees in Numerie dat die Amalekiete 'n groot volks was wat teen God verset het en nie gehoor gegee het aan sy bevele nie. Dit was dus nie 'n klein oorlog nie. Moses gee vir Josua opdrag om voor te berei vir die oorlog wat kom. Ons lees in Eksodus 17: 8-16 Toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het, het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manskappe en gaan veg môre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.” Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesê het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, Aäron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete. Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aäron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder. Josua het die Amalekiete heeltemal verslaan. Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.” Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning.” Verder het Moses gesê: “Dit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee. Die Here voer oorlog teen Amalek van geslag tot geslag.
Dit is vir my so 'n aangrypende storie. Moses moes geweldige vertroue in God gehad het. Dit is een ding om oorlog te maak, maar om God te vertrou om die oorlog te wen moes iets besonders gewees het. Die verhouding wat God en Moses gehad het moet vir my en jou aansporing wees om onsself te leer om God te vertrou, self in tye van oorlog. Wanneer Moses sy arms oplig wen hy die geveg, hy reik uit na God toe. Hy maak homself oop sodat God tot hom kan nader. Wanneer sy arms sak, verloor hy. Moses, Aäron en Hur was almal kinder van God en het mekaar gehelp om die oorlog te wen. Hulle maak'n plan, hou sy arm omhoog in die stryd teen die Amalekiete.
So moet ons ook as gelowiges mekaar se arms ophou om God toe te laat om te help in die oorlog waarin ek en jy is. Ons moet soos die drie manne saam staan, vir mekaar bid, mekaar help waar ons kan, bemoedig en ondersteun, openlik kan erken dat ons mekaar nodig het en dan saam 'n plan maak. 'n Plan wat God sal laat uitwerk, Hy het dit dan vir Moses, Aäron en Hur laat werk, hoekom nie vir ons nie?
Jesus is die kierie, in ons lewens, soos Moses se kierie wat hy gebruik het om op die water te slaan om deur die see te trek, op die rots te slaan om water uit 'n klip te tap, en om op die berg te gaan staan en om te veg teen die Amalekiete. Jesus is nou vir ons die weg na God. Ons moet soos Moses saam met ander gelowiges bid dat God die oorlog waarin ons nou is, sal veg en sal oorwin.
Kom ons bid in die 20 min vandag vir ons geestelike leiers, dalk jou pastoor of predikant, vir jou gemeente, om as 'n eenheid saam tot God te nader en God se hulp, raad, en ondersteuning te vra. Ons arms moet soos Moses nie sak nie want dan verloor ons die oorlog. Kom ons hou hulle en ons arms op, self al vat dit 'n klip om op te sit of om iemand ander se arms op te hou, te ondersteun en te bid.
Moses gee ons dalk goeie raad in vers [15], Josua het die Amalekiete heeltemal verslaan. Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning. Bou vir jou ook 'n altaar, 'n plek van aanbidding, in jou lewe, tyd wat opgeoffer word om die Here te loof en te prys saam met ander.
GEBED
Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!
Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Die huis van Aäron moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Dié wat die Here dien, moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”
In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry.
Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?
AMEN
Yorumlar