Ek weet nou dat Paulus my rol model is omdat hy geluister het na wat God sê en die opdragte uitvoer soos hy dit ontvang het. Hy skryf in die brief Kolossense vir al die gelowiges in Kolosse om hulle te vermaan om hulle prioriteite in orde te kry. Sy brief begin waarin hy die God die Vader van Jesus Christus, dank vir die geloof wat die gemeente in Christus Jesus het. Die gemeente se geloof is gegrond op die hoop wat vir hulle in die hemel bewaar word. Hy was bewus dat die gemeente, nadat hulle die woorde van Epafras ontvang het, die liefde vir God, wat deur die Gees gewek is, gegroei en toegeneem het.
Paulus bid dan vir die gemeente en dit is ook ons gebed vir 20 min sodat ons ook in liefde vir God en vir ons mede gelowiges kan groei.
1 Kol 1: 9-11(DB)
[9] Vandat ons al hierdie dinge oor julle gehoor het, bid ons aanmekaar vir julle. Ons vra dat God vir julle al die kennis sal gee wat julle nodig het om reg te leef. Mag die Heilige Gees julle duidelik wys hoe julle moet leef. [10] Dan behoort julle mos nie te twyfel oor wat presies God van julle wil hê nie. En as julle weet wat om te doen en dit doen, sal die Here trots wees op julle en tevrede voel oor hoe julle leef. Mag alles wat julle doen vir julle goeie vrugte dra en julle meer van God se plan vir julle lewe laat verstaan. [11] God is die Een wat oor Goddelike mag beskik. Mag sy krag júlle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie. Nee, staan vas en hou moed!
Dit moet ons gebed ook wees om vir mekaar te bid en God te vra dat al ons mede gelowiges die kennis sal ontvang wat nodig is om reg te lewe. Ons moet bid dat die Heilige Gees elkeen van ons duidelik sal wys hoe om te leef en om nie te twyfel oor wat God van ons verwag nie. En wanneer ons weet wat ons moet doen, en dit doen, sal die Here trots wees op ons en tevrede voel oor wat ons doen. Is dit nie waarvoor ons lewe nie? Is ons doel hier op aarde nie om so te lewe dat God trots en teverede met ons is nie? Dit is 'n vraag wat elkeen van ons self sal moet antwoord.
As daar nou een ding is wat almal van ons graag sal wil weet, is dit: Wat is God se plan vir my en vir jou? Ons sal dit sleg uitvind as die Here trots en trevede met ons is want dan sal ons vrugte dra en verstaan wat ons doel hier op aarde is. Ek wil aflsuit met [11] God is die Een wat oor Goddelike mag beskik. Mag sy krag júlle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie. Nee, staan vas en hou moed!
Paulus sluit die gebed af met die woorde, Nee, staan vas en hou moed!
DIt moet ons gebed wees vir almal wat ons ken, wat ons weet, wat die Here dien en in Hom glo. Wat glo dat die Heilige Gees betsaan en die werking van die Gees in ons lewens ervaar.
Nou onstaan die vraag, Hoe bid ek, en waarvoor bid ek, vir iemand wat ek dalk nie ken nie?
Ons kan vir God vra dat ons mede gelowiges:
God se wil sal verstaan
Geestelik sal groei
So sal lewe dat hulle God sal bly en trots maak
In goeie dade ook sal groei
God beter en beter sal leer ken
Met God se krag vervul sal word
Sal volhard in geloof
Vol van God se vreugde sal bly
en die belangrikste , dankbaar sal wees en nie moed sal verloor nie.
Kom ons doen moeite en doen wat Paulus gedoen het, bid vir die gemeente lede in ons kerk, vriende, familie, jou bure, jou mense wat dalk vir jou werk of dalk gewerk het, mense wat dalk nou hulle werk verloor het. Raak stil en vra dat die Heilige Gees daardie mense in jou gedagte, sal plaas en bid doelgerig vir elkeen wat opkom.
Nee, staan vas en hou moed!
GEBED
Almagtige Vader, ek kom en dra die persoon wat nou hier gelees het aan U op. Mag die Heilge Gees hierdie persoon met U liefde en geluk vul.
Dat hierdie persoon U Goddelike liefde sal ervaar en deel met ander
Dat U op hierdie persoon trots sal wees en vreugde in U hart sal hê
Dat U deur middel van die Gees vir hierdie persoon krag sal gee om nie moedeloos sal raak nie.
Dat hierdie persoon geduldig op U sal wag.
Ek bid dit in Jesus se Naam
AMEN
Comentários