In 2 Tessalonisense lees ons hoe Paulus die gemeente in Tessalonisense meer perspektief wil gee oor die koms van Jesus Christus. Dis om die verwarring wat daar geheers het oor wanneer Jesus weerkom uit te skakel. Baie van die mense in Tessalonisense het opgehou werk omdat hulle gedink het dat Jesus gaan kom om die wêreld te oordeel. Baie van die gemeente lede het net gehoor wat hulle wil en nie wat Jesus deur Paulus se briewe vir hulle probeer vertel nie. Is ons nie ook maar so nie? Hoor ons nie maar net wat ons wil hoor nie? Die hoof doel van die brief is om die gemeente aan te spoor om aan te hou en standvastig te bly in woord en daad.
Hy bid vir die gemeete in 2: Tess 1:11 Ek bid dag en nag vir julle. Ek bid dat God julle in staat sal stel om die soort lewe te leef wat Hy vir julle in gedagte het. Ek bid dat Hy deur sy krag in julle sal werk sodat dit vir julle al hoe lekkerder word om daardie dinge te doen wat sy hart blymaak. Mag Hy heeltemal tevrede wees met die manier waarop julle elke dag julle geloof uitleef.
Paulus bemoedig ons met die woorde in 2 Tess 2:13-15 'My liewe broers en susters, ek sê altyd vir God oor en oor dankie vir julle. Die Here het julle baie lief. En dis nie net lippetaal nie: God het julle al spesiaal uitgesoek om in Hom te glo. Julle is van die heel eerste mense wat tot geloof in Christus gekom het. Julle geloof is die gevolg van die Gees se werk in julle lewens. Hy het julle opsy gesit vir Homself. Daarom glo julle die waarheid. Dit is regtig net aan die Gees te danke dat julle nou glo. Toe ons die goeie nuus aan julle bekend gemaak het, het julle sy roepstem gehoor. Daarom sal julle ook deelhê aan ons Here Jesus Christus se heerlikheid. Julle sal eendag by Hom in al sy hemelse glans en glorie gaan bly. Liewe broers en susters, staan sterk! Hou vas aan alles wat ek julle geleer het toe ek daar by julle was en aan dit wat ek in my briewe skryf.
Waartoe is ons geroep?
1 Tess 4 se opskrif lees - 'n Lewe volkome aan God toegewy
My liewe broers en susters, ek het julle geleer presies hoe julle moet leef om God se hart bly te maak. En julle doen dit ook. Nou vra ek julle baie ernstig in die Naam van die Here Jesus, span julle selfs nog meer in om al hierdie dinge te doen. Julle onthou wat ek alles vir julle geleer het. Dit kom direk van die Here Jesus af. Daarom moet julle dit asseblief ook doen.
2 Kor 13:11 gee vir ons meer beskrywend waartoe ons geroep is. Hoor mooi wat Paulus gemeente in Korinte sê: Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!
2 Kor 13: 5 : Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.
Paulus spel vir ons baie duidelik uit waartoe ons geroep is en dit is om toegewy aan Christus Jesus te wees. Sy laaste opdrag aan die gemeente in Tessalonisense is : I Tess 5: 13-22 Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar. Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig. Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense. Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.
Hy noem dat ons gedurig moet bid maar dat hulle ook vir Paulus en sy medewerkers moet bid. Dit is my gebed dat ons in die 20 min sal bid vir al die mede gelowiges, dat die Here ons almal volkome toegewy sal maak, na gees, siel en liggaam om onberispelik te wees wanneer Jesus Christus weer kom. Kom ons maak die opoffering om in die 20 min daadwerklik en doelgerig die medewerkers van Christus op te dra om te leef soos dit aan ons nou opgedra is.
Paulus kom sê vir ons en bemoedig ons in 1 Tess 5: 24 Hy sal dit ook doen, want Hy wat jou geroep het, is getrou.
GEBED
Almagtige Vader, ons kom staan voor U soos Paulus en vra dat U, die gelowiges, U kinders, toegewyd sal maak en hulle in gees, siel en ligaam bewaar en onberispelik sal hou totdat U weer kom.
Ons bid dat U elkeen sal wys waartoe hy/sy geroep is en dat daardie persoon die roeping sal aanvaar.
Gee dat elkeen doelgerig sal lewe en nie die Heilige Gees sal teenstaan nie.
Leer ons om altyd bly te wees, gedurig te bid en dankbaar te wees want dit is wat U van ons verwag.
Help ons om te behou wat goed is en weg te bly van wat sleg is.
Dankie dat U genade altyd by ons sal wees
AMEN
Gebed in Aksie (Kom ons bou die grootse gebed aksie in die wêreld)
Wil jy deel raak van ons gebed groep? Ons het mense nodig wat saam tot God sal nader om vir ander te bid. Paulus het gereed en aanhoudend gebid vir ander gemeentes en gelowige. So ek nooi jou uit om deel te raak. Jy sal die gebed per epos ontvang en jy kan dit in jou eie tyd opdra aan God. Ons probeer ook om gereelde terugvoer te kry van die saak waarvoor daar gebid word om dit te gebruik as getuienis om ander aan te spoor. Kliek op die skakel. https://bit.ly/3d3lcP7
Gebed Versoek
Het jy nodig dat ons vir jou moet bid, laat weet vir ons. Ons het 'n gebed span wat regstaan om jou te ondersteun en tot God te nader om na jou hart te luister. Hoe klein of hoe groot ookal, stuur dit vir ons. Kliek op die skakel om dit te stuur https://bit.ly/3d6IzaL
Wil jy getuie van hoe God jou lewe verander of beterskap bewerkstellig het
Dit is so belangrik vir gelowige om mekaar aan te moedig, om te deel in die leiding en blydskap. En al hoe ons dit kan doen? Deur te getuig van die wonderwerk wat Jesus in jou lewe laat gebeur het. Dalk het jy iets onverwag ontvang, ek glo dat dit van God afkom. Kom vertel jou storie en maak dit so deel van iemand se lewe, deur dit as bewys en tot eer van God uit te leef. Kliek op die skakel om te getuig. https://bit.ly/2Nz1BMh
Volg ons op Faceboook, word deel van ons groep by https://www.facebook.com/groups/geloof
Comments