top of page

20 Min vir 20 dae - Vir ons roeping as Christene


Paulus skryf die brief Efesiërs nie aan 'n spesifieke gemeente nie maar is meer in die algemeen geskryf as 'n omsendbrief vir al die gelowiges in Klein-Asië. Paulus het gehoor dat daar baie was wat tot bekering gekom het. Die brief het ten doel gehad dat die gelowiges se geloof versterk moet word. Die gelowiges, dus die kerk, bestaan uit alle rasse, talle en volke, en het Christus Jesus lief, en wie se lewensdoel is om Hom te dien.



Karakter skets van Paulus!!

Ons weet dat Paulus, deur 'n visioen van Jesus Christus, blind geraak het en vir 3 dae nie kon sien nie. Dit het Saulus, wat nou Paulus geword het, se lewe hand omkeer verander. Saulus was die een wat die christene vervolg en onderdruk het en het totaal verander in die 3 dae van blindheid. Om so radikale verander te ondergaan moes Paulus innerlik sterk geword het, sy geloof het nie net verander nie maar dramties gegroei, hy moes die liefde wat God aan hom gegee het, gevoel het en God se volheid ervaar het, omdat hy na 3 dae weer kon sien.


Hy was herhaaldelik gevange geneem, opgesluit en baie kilometers gereis om die gemeentes te stig, soos dit aan hom opgedra was. Hy het soos beweer word 14 briewe aan verskillend gemeentes en gelowiges geskryf. Van die 14 briewe was hy die afsender van 13 briewe. Dit gee ons die idee dat hy doelgerig was en in sy roeping wat hy van God gekry het geglo het. Baie sê dat Paulus die stigter van die kerk is en ons is hom innig dankbaar, want die kerk bring ons nader aan God en ons roeping wat God vir ons het.


Paulus moet vir baie van ons 'n rolmodel wees. Iemand om na op te sien, te raadpleeg deur die geskrifte oor hoe 'n christen moet lewe. Hy skryf in Efesiërs 3, en hoor mooi wat hy sê, God het duidelik vir my gewys wat sy plan met julle is, al het mense dit glad nie besef nie. Ek het al so ’n bietjie daarna begin verwys. As julle nou verder lees, sal julle ook duidelik begin agterkom hoe die verrassende plan van God met Christus werk en hoe ek dit verstaan. Deur die loop van die geskiedenis het die mense nie geweet wat God gaan doen nie. Nou is dit egter nie meer vir ons ’n geheim nie. Die Heilige Gees het dit aan al die mense vertel wat gekies is om God se Woord te verkondig.


Kan jy jouself in dink wat se voorreg en eer dit vir Paulus moes gewees het. Die bybel in praktyk sê dit vir my so mooi, [5] Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak nie. WOW!! Tog is Paulus baie nederig en erken dat dit 'n voorreg is en nie 'n reg is nie. Hy erken dit in [7,8] God het my aangestel om hierdie nuus vir ander te gaan vertel. Dit is ’n voorreg wat God aan my gegee het, al verdien ek dit nie. Hy gee ook vir my die krag om dit te doen. Van al die Christene is ek die minste werd. Nogtans het God besluit om hierdie voorreg aan my te gee, en dit was onverdiend, glo my. Wat vir my uitstaan in die verse is dat Paulus dit duidelik maak dat God hom die krag gee om dit te doen.


Is dit nie wat Paulus ook vir ons kom sê nie, ons moet die geheimenis ook aan ander bekend maak


Wat is die geheimenis?

'Die geheim is dit: enigiemand wat in Christus Jesus glo (selfs al is hy ’n nie-Jood), word ’n kind van God en kry by God wat Hy vir al sy kinders gee. So ’n persoon is dan saam met die ander gelowiges die liggaam van Christus. Hy kry alles wat God in die goeie boodskap aan Christus Jesus se mense beloof het.


Hy kom gee vir my en vir jou ook die opdrag in vers [9] God het my aangestel om hierdie nuus vir ander te gaan vertel. Dit is ’n voorreg wat God aan my gegee het, al verdien ek dit nie. Hy gee ook vir my die krag om dit te doen. Van al die Christene is ek die minste werd. Nogtans het God besluit om hierdie voorreg aan my te gee, en dit was onverdiend, glo my.


Wat is die opdrag?

[10] God wil hê dat die kerk vir al die onsigbare magte en heersers in die hemel sal wys hoe wonderlik slim Hy regtig is. Hy weet alles en beplan vir alles. Lees dit weer [vir al die onsigbare magte en heersers en Hy weet alles en beplan alles]. Hoe weet ons dit. Dis duidelik uit

vers [11] Van die heel begin af het God geweet dat Hy met die koms van Christus, ons Here, hierdie plan van Hom aan die werk sou sit.



Paulus deel met ons die geheim, die opdrag en hoekom ons die opdrag kry maar gee ook vir ons die opslossing, in vers [12] Omdat ons Jesus s’n is en op Hom vertrou, hoef ons nou nie meer bang te wees om na God toe te gaan nie. Ons kan dit vol vertroue doen sonder om te wonder of ons mag.


Paulus bid dan vir die Efesiërs en ek dink dit is gepas dat ons ook die 20 min daaraan sal wy soos Paulus dit doen.












Paulus se bed vir my en vir jou


Juis daarom gaan ek op my knieë voor die Vader. Al die gelowiges, of hulle nou reeds in die hemel is of nog hier op die aarde, is wat en wie hulle is omdat God hulle so gemaak het.


Ek bid dat God, wat so wonderlik en sterk is, deur sy Gees vir julle die krag sal gee wat julle nodig het om geestelik julle man te kan staan.


So sal Christus deel van julle lewens word omdat julle op Hom vertrou. Julle lewens sal gebou wees op liefde. Deur ander met liefde te behandel sal julle lewens die vastigheid kry wat julle nodig het.


Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene, sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het. Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en wonderlik. G’n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is.


Maar ek bid tog dat julle so ’n ietsie daarvan sal snap.


Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.


Hy verdien daarom al die eer wat die kerk het om te gee, veral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het. Almal moet Hom so eer, nou, môre en tot in ewigheid. Mag dit so wees.


AMEN

33 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page