top of page

21 Dae oor die Krag van Gebed - Opsommend



Bid met passie

God antwoord slegs gebede wat met geloof gebid word. As jy bid sonder om te glo, sal jy

niks ontvang nie. Jakobus 5:17


Gebed verander sake

Iets wat die moeite werd is om te hê, is altyd die moeite werd om voor te bid. Die sleutel tot evangelisasie is gebed. Kolossense 4:2


Vurige gebed

'n Goeie manier om ons verhouding met die Meester te meet, is deur te kyk hoeveel tyd ons aan gebed bestee. 1 Tessealoniesense 5:17


Die krag van gebed

Hoeveel tyd bring jy op jou knieë vir jou kinders en vir ander deur? Hierin lê die uitdaging. As jy nie vir Hulle bid nie, hoe verwag jy sal enige iets verander. Effesiërs 3:14-15


Die gebed van 'n regverdige

Volhard & najaag. Ons moet dit begin doen. Daar is te veel van ons wat moed opgee of om van rigting te verander, daarom bereik ons nooit werklik iets nie. Ons moet by God hoor wat wil Hy hê moet ons doen en dit met ons hele hart najaag.


ACTS

(Aboration) - Aanbidding

(Confession) - Belydenis

(Thanksgiving) - Danksegging

(Supplication) - Smeking

Pas dit toe in jou gebedstyd

Esra 3:11


Jou Hemelse Helper

Moenie bang wees nie want Ek is by jou. Moenie onsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red. Jesaja 41:10


Vas en gebed

Nadat ek Jesus ontmoet het, het ek gereeld begin vas en my lewe het regtig verander. Ons almal hou van eet maar vas is deel van 'n proses hoe om by die Here uit te kom. Mattheus 17:21


Bid sonder ophou

Wat is gebed? Gebed is kommunikasie met God. Dit is nie so seer dat gebed dinge verander nie, maar gebed verander ons. 1 Petrus 3:12


Beskerm deur gebed

Oom Anchus skryf dat daar 'n ongeluk plaasgevind het op sy plaas met van sy werkers. Een van die vragmotors het gerol en van sy werkers was daar in. Baie is beseer maar almal het die ongeluk oorleef.. Een van die werkers het kom getuig dat hy oortuig was dat niemand gesterf het nie omdat hulle die oggend in gebed saam met God spandeer het. Ek weet persoonlik van so baie gevalle waar God se hand oor die mense was. Johannes 9:31


Bid en lees die woord

Ons moet tyd in die woord deurbring want Jesus is die Woord. Wanneer ons die woord begin lees en Hy daardeur met jou praat, kan ons ware intimiteit met God vind. 1 Johannes 5:7


Jesus ons Geneser

Terwyl die Israeliete in die woestyn was, was hulle gepik deur slange. God het vir Moses opdrag gegee om 'n brosslang op 'n paal te sit en as die mense gepik word moet hulle net opkyk na die brosslang en hulle is genees. Jesus genees nog vandag die siekes. Markus 11:24


Wees 'n gebedstyder

Gebed is om tyd in God se teenwoordigheid te spandeer. Elia is 'n baie goeie voorbeeld van gebed. Hy het gebid dat dit nie moes reën nie en dit het nie gereën nie en het weer gebid vir reën en dit het gereën.Jakobus 5:16


'n Kragtige gebedslewe

Hoe bid jy, hoe lank bid jy, en waar bid jy? Ons moet onsself in 'n gebedskamer toesluit. Hou aan God vas en moenie los voordat Hy jou beantwoord het nie. Johannes 15:7


Kragtige gebed

Moet nooit die krag van gebed onderskat nie. 1 Sameul 1:27


Begin bid en sien God beweeg

Ons weet wanneer mense bid, werk God. Wanneer jy bid gaan na jou binnekamer toe en praat met Jesus. Begin bid en jy sal sien hoe God beweeg Handelinge 6:4


Die belang van gebed

Iemand het vir Billy Graham gevra wat is die drie belangrikste beginsels wat hom so suksevol gemaak het. Hy het geantwoord die eerste beginsel is gebed, die tweede beginsel is gebed en die derde beginsel is gebed. Wanneer jy stiltetyd hou, begin jy met God praat, maar jy moet meer luister as praat. 1 Tessaloniesense 5:16-18


Bid voordurend

Smith Wigglesworth was iemand wat niks gedoen het sonder om te bid nie. Hy het gesê dat hy nie langer as 30 munite bid nie maar dat hy ook nie 30 minute laat verbygaan sonder om te bid nie. Dit is die verskil. Sommige mense wil heeltyd praat. Kom ons hou op om te praat en kyk wat God oor die saak te sê het. Lukas 18:1


Vra in Jesu se Naam

Ek glo dat God enige iets binne sy wil vir jou sal gee. Versoeke soos "Here maak my assblief my liggaam gesond, sodat ek kan leef. Johannes 14:13-14


Kom in gebed na Hom toe

Ons almal ken die verhaal van Elia waar hy die Baál-profete uitgedaag het om hulle altaar aan die brand te bid. Wat hulle nie kon regkry nie. Hy het gesë dat sy altaar sopnat gegooi moes word. Hy het begin bid en God het alles laat verbrand. 1 Konings 18:37


'n Sagte fluistering

As jy deur God gebruik wil word, as jy vir God wil hoor, as jy gebondenheid met God wil ervaar, moet jy tyd saam met God 'n prioriteit maak. Effsiërs 6:18


Ek wil oom Anchus Bachan bedank vir die voorreg om die 21dae oor die krag van gebed te kon beleef en ook te deel met almal.


EK WIL AFSLUIT MET DIE WOORDE - GEBED MAAK 'N VERSKIL





42 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page