top of page
Writer's pictureGeloof

4 Eienskappe van 'n gelowige


Paulus skryf die brief aan die Romeine om hulle in te lig van sy besoek. Hy kom gee vanoggend vir ons die 4 eienskappe van 'n gelowige.


Romeine 5:1-2


Ons is vrygespreek deurdat ons glo.

Hoor hoe mooi word dit in die 365 Dae Nuwe Nuwe vertaling gestel, Ons geloof het ons in die regte verhouding gebring met God. Romein 5:1


Daar is vrede tussen ons en God

Daarom is daar nou vrede tussen ons en Hom. Ons Here, Jesus Christus, het hierdie vrede tot stand gebring. Romeine 5:1


Ons staan vas in die genade

Dit is Hy wat sorg dat ons vrye toegang het tot God. Omdat ons glo deel ons in die hemelse genade. Ons lewe is stewig in hierdie genade geanker. Romeine 5:2


Ons is verheug om dit te ontvang

Ons praat met trost hieroor. Ons weet met alles binne-in ons dat ons sal deelhê aan God se heerlikheid wat nog op ons wag. Romeine 5:3


Gebed

Onse Vader wat in die hemel is, dankie dat U ons vrygespreek het omdat ons in U glo. Dat U die vredemaker is en ons genadig is. Ons wil onsself verheug in die vrede, genade wat ons vind by U.


Amen







37 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page