top of page

Benader alles deur geloof


Die boek Hebreërs het ten doel om die gelowiges wat besig is om die geloofstryd uit te sak, op te roep om in die geloof te volhard.


Die Nuwe Lewende Vertaling se opskrif vir die gedeelte is, "Rolmodelle vir geloofsvolharding".


Ons lees in Hebreërs 11 dat daar 20 keer die volgende woorde gebruik word, "geglo het". Dit is 20 baie prominente persone wat ons almal ken maar ek is oortuig daar is nog baie meer.


Ons lees in Heb 11:3 "Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur net ’n woord te spreek, die ganse heelal geskep het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie."


Dit is die begin van ons geloof. Lees gerus die hele gedeelte. Hebreërs 11


Ons het hier meer as genoeg rolmodelle om te kan toepas in ons lewens. Moses is vir my dalk die een wat bietjie meer uitstaan want daar staan in vers 27, Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien". Sien jy vir God?


Ons almal het een gesamentlike doel en dit is om Heb 11:1 uit te leef. OM TE GLO, IS OM SEKER TE WEES DIE DINGE WAT ONS HOOP, OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE KAN SIEN NIE.


Daar was baie mense wat tydens die uittog uit Egipte gesterf het sonder om te kry wat hulle beloof is, Hulle het dit wel in die verte gesien en daaroor gejuig omdat hulle besef het dat hulle bywoners en vreemdelinge hier op aarde is. Wanneer ons dit besef, hoor mooi in vers 14, Mense wat só praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na hulle eintlike vaderland.


Wat moet ons doen om nie afvalig te raak nie?


Die antwoord kry ons in Heb 12 -

1. Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,


2. ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!


3. Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.




19 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page