top of page

Benut tyd behoorlik

Benut Tyd Behoorlik

Paulus skryf in 1 Kor 7: 28-31 dat ons moet leef asof ons nie leef nie. Besef ons wat werklik hier staan? Hoor wat sê Paulus in vers 31 " Ja die wat met die dinge van die wêreld te doen het moet leef asof asof hulle niks daarmee te doen het nie want hierdie wêreld soos ons hom ken is aan die verby gaan.


Paulus is vir my 'n besonderse man. Die goddekike kennis, deduld en die vermoë om dinge te sê maak hom baie spesiaal. Hy is vir my 'n rolmodel. Tenspyte van dit waardeur hy gegaan het, het hy vasgeklou aan God. Hy is so wys en vol van die Heilige Gees wat vir my so aantrek om soos hy te wees.

Hoekom sê ek dit? Efesiërs 5:16 - "Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons leef in 'n goddelose tyd. Dit is duidelik met wat in die wêreld aangaan dat ons in 'n goddelose tyd leef. Ons moet onthou dat Paulus hier in die tronk sit en steeds doen wat God van hom verwag. Paulus gee vir ons 'n opdrag met vers 5 : " Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.


Lees gerus die hele Kolosense 4 en voel Paulus se passie vir God. Dit is hoe ons ook moet wees. Tog sê die Here dat ons moet eet en drink en vrolik wees. Salomo sê dat hy tot insig gekom het in Prediker 3:12-13 "Ek het tot insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook is dit 'n gawe van God.

Maak ek en jy gebruik van die geleenthede wat God vir ons gee. Dit bring my weer terug by wat God gister vir ons gesê het. Sien ons raak wat wil hê ons moet doen? Ons moet deur God se oë na alles in die lewe kyk.


1 Kor 7:31: 'Ja, dié wat met die dinge van die wêreld te doen het, moet leef asof hulle daar niks aan het nie, want hierdie wêreld soos ons hom ken, is aan die verbygaan. '


GEBED

Ag Here, hier is ek weer voor U en moet skuldig kom pleit dat ek soms nie raaksien wat U wil hê ek moet sien nie. Open my oë en elkeen wat hier lees se oë en sit vir ons U Goddelike bril op om alles raak te sien. Mag ons dan soos Salomo sê vrolik wees en die goeie van die lewe te geniet.


Ek kom dank U dat U vir die voorreg om hierdie gebed tot U te bid. Raak elkeen wat hier lees se harte aan deur die Heilige Gees en laat die Heilige Gees die lense van U bril skoon maak.


In Jesu se Naam bid ek dit.


AMEN


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page