top of page
Writer's pictureGeloof

Besef ons dat Jesus geweldige gesag in ons lewens het? Markus 11:27-33


Daar gebeur so baie dinge in almal van ons lewens daagliks, pyn en seer, blykdskap en vreugde, maar ons aanvaar dit net as, dit moet so wees. Dit is asof ons maar net aanvaar, ok, dit moet so wees.


Jesus het die tempel skoon gemaak, Hy het die geldwisselaar se tafels om gegooi omdat die tempel 'n plek van aanbidding is. 'n Plek waar God se teenwoordigheid aangevoel moet word. Nie 'n plek waar mense uitgebuit word en meer moet betaal nie. Die tempel is 'n plek waar God is. Ons liggame is nou die tempel van God want Hy woon nou in my en jou.

Is daar ook geldwisselaars en handelaar in jou. Is jou tempel 'n plek waar God is?


In hiedie gedeelte kom die priesterhoofde, skrifgedeeltes en familiehoofde na Jesus toe en vra Hom, :

Met watter gesag doen u hierdie dinge?

Wie het u die gesag gegee om dit te doen?


Die skrifgeleerdes, priesterhoofde en familiehoofde het geen respek vir Jesus gehad nie want hulle was so in gestel op hulleself en wat die nader van hulle sou dink, dat hulle nie besef het, geweet het en geglo het dat dit die gesag van God is wat Hy dit gedoen het nie. Jy sal vind dat al twee keere die u met 'n klein letter gespel is. Dit is vir my teken dat hulle wêreld was en nie regtig op God gefokus was nie.


[27] They arrived again in Jerusalem, and while Jesus was walking in the temple courts, the chief priests, the teachers of the law, and the elders came to him. 28 “By what authority are you doing these things?” they asked. “And who gave you authority to do this?”


Besef ons dat Jesus die geldwisselaars en handelaars, dit wat ons van God weghou, uit ons lewens verwyder. Dinge gebeur dalk nie soos jy wil hê dit moet gebeur nie. Voel dit of jou wêreld ook dalk deurmekaar is asof jou geld sake nie uitwerk nie. Dit waarmee jy besig is voel dalk of jy met die verkeerde dinge besig is. Ek besef nou dat dit gesag van Jesus is wat ons laat lewe. Jesus wil God se tempel in jou herstel. Vrae jy ook die vraag met watter gesag die dinge in jou lewe gebeur?


Ons moet besef dat God se Goddelike plan vir my en vir jou volmaak is en dat niks of niemand dit sal kan verander behlawe jyself nie. Aanvaar jy dat God gesag oor jou het? Weet jy dat God se besigheidsplan, vir jou, net voorspoed en nie teenspoed uitspel nie. Net soos enige besigheid 'n besigheidsplan moet hê, het God vir my en jou oor 'n plan. Kom ons stel saam met God vir ons 'n besigheisplan op. 'n Plan waar ons wil seker maak dat ons ons doelwitte saam met God gaan bereik.


Kom ons beplan saam met God ons lewenspad en maak seker dat Hy deel vorm van ons pad na Sy heiligheid toe.


Voltooi die plan saam met God en verander jou uitkyk op die lewe.




11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page