2 Kor 5:5 - God is besig om ons gereed te maak vir die nuwe lewe wat op ons wag. Om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom, het Hy sy Gees aan ons gegee. Die Heilige Gees is die waarborg dat God sy woord sal hou.
Die wind is nou uit my sele geslaan. Ek lees nou die vers en dis asof nie meer lug in my longe het nie.
Besef ek en jy regtig waarmee God besig is?
My ou vriend, Paulus, wat hier skryf. Wat kan ek sê!! Maar dit is nie net die skepping wat swaarkry nie. Ons kry ook swaar. Al het ons die Heilige Gees as eerste gawe ontvang van God, ons sug ook.
Ek en jy moet mooi luister, as eerste gawe, ontvang ons die Heilige Gees. Wat 'n voorreg, maar tog in dieselfde asem, sug hy en deur die druk en pyn van die alledaagse lewe. Elkeen van ons wat God as Verlosser en Saligmaker aangeneem het, het reeds die Gees ontvang. Ons is nuwe mens gemaak, 'n nuwe lewe ontvang. Die Heilige Gees is ons waarborg dat dit wat God belowe het, sal ontvang. Dit is soos om 'n motor te koop, jy vra eerste wat se waarborg het jy. Die Heilige Gees is 'n lewenslange waarborg, nie net 3 jaar of 100 000km nie. Wie sal nie die koop so gou moontlik afhandel nie. Hierdie is 'n "done deal". Kan jy die opgewondenheid in die koper se stem hoor. Hy kan nie wag om die motor vir 'n draai te vat nie. Hy wil net die papiere teken en sommer die langpad aan te vat. Sy familie of vriende te vat en net te ry.
Dit is hoe ons oor die nuwe lewe moet voel wat God vir ons beplan. Besef ons dat God besig is om vir my en jou 'n splinternuwe spogmotor te gee. Ons hoef nie eers daarvoor te betaal nie. Hy het reeds die afbetaling vir ons gedoen. Nie net kry ons die motor nie maar daar is 'n lewenslange waarborg ingesluit. En die kersie op die koek is dat die verkoopsbestuurder nog 'n vol tenk bransdtof insluit. Die Heilge Gees, die brandstof, sal seker maak dat ons die nuwe voertuig sal geniet. Die reuk van die nuwe voertuig, is verslawend want jy wil net ry en ry, tyd in die motor spandeer.
Dit is waarmee God besig is. Hy reel vir ons die koop, betaal dit af, gee vir ons die waarborg en sorg vir die verrassing, die vol tenk. Ons moet opgewonde in die motor kan klim en dadelik huis toe gaan en gaan spog met die motor. Dit is wat God van ons verwag, opgewondenheid en dankbaarheid. Die Here wil he ons moet sommer net die langpad vat, die pad wat Hy reeds al vir ons op die kaart, sy Woord, vir ons gegee het.
Dit mag dalk jou eerste nuwe motor wees, die eerste gawe van God. Dit is wanneer jy besef dat God 'n groter plan het. Dit is dan wanneer jy sal besef soos Paulus dit stel in vers 17 - Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy 'n spinter nuwe mens is. 'n Nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!
Hierdie nuwe motor, die nuwe lewe wat God jou gee, gaan lewensveranderend wees. Paulus is 'n goeie voorbeeld. Hy het Christene vervolg en nou wen hy mense vir God.
Mag ek en jy die nuwe motor, nuwe lewe, met oop arms kom omvou. DIe langpad met die motor, wat 'n lewenslange waarborg het, gaan ry en almal vertel van die wonderlike transaksie wat God vir jou gedoen het. Ingesluit daarby die waarborg en die brandstof wat gratis gegee is.
Jy het dalk al voorheen'n motor gekoop maar hierdie een is spesiaal.
Comments