top of page

Beveg die duiwel deur ons geloof


Efesiêrs 6:16


Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.


Ons besef nie hoe belangrik geloof in God regtig vir ons is nie. Alles wat ons doen moet gedoen word deur geloof. Wanneer jy iets aanpak of in 'n moeilike situasie is, doen dit of hanteer dit deur geloof. So moet ons ook die duiwel beveg deur vir hom te wys dat ons geloof in God is sterk genoeg, genoeg ontwikkel om nie toe te gee aan die gedagtes wat hy in jou kop plaas nie. Ons het 'n dag of twee gelede oor dieselfde dinge gepraat waarin ons die bevestiging gekry het dat ons as gelowiges, deur die bloed van Jesus, reeds die sonde oorwin het. Dat ons nou kinders van God is omdat ons glo.


Johannes 1: 12-13

12. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.


Ons moet besef dat ek en jy uitgekies is deur God en dat ons reeds deur die moederskoot aan God behoort. Die besluit lê by my en jou om die aanneming te aanvaar en te glo in God, maak nie saak wat gebeur nie. Dit is nie iets wat vanself gaan kom nie, God het dit vir my en jou gegee.


Johannes 16:33

Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”


Die nuwe lewende vertaling vertel dit so mooi. Ons sal rus en vrede in God vind want die pad gaan nie maklik wees nie. Doen gerus die moeite en gaan lees weer die ses stappe om jou geloof te ontwikkel en te versterk deur op die skakel te kliek https://www.geloof.live/blog . Blaai af na die 25 ste April wanneer ek die laaste van die ses bespreek het.


Ek is oortuig dat dit elkeen van ons se begeerte om in rus en vrede deur die dag te kan gaan. Geen probleme nie, alles werk uit soos jy dit beplan, die pyn van die siekte is weg, jy is nie meer bekommerd oor die huis se agterstallige betaling. Hoekom sê ek dit. Johannes sê dit vir ons met die woorde - Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle My rus en vrede kan vind. Jesus het reeds die wêreld oorwin aan die kruis.


Kom ons dra die skild van geloof saam met ons, en ek bedoel deur die swaarkry, en weet dat God reeds die swaarkry hanteer het, deur Jesus aan die kruis te offer. Ons is kinders van God en Hy sal ons nie net los nie. My en jou probleme is reeds hanteer en regmerking in die afgehandel kolom is reeds afgemerk, as voltooi.


ALMAGTIGE GOD, DANKIE VIR DIE SKILD VAN GELOOF WAT U GRATIS VIR ONS GEGEE HET. DAT ONS DIT MAG GEBRUIK OM TEEN DIE DUIWEL TE KAN WEG. DANKIE DAT U DIE SWAARKRY REEDS AFGEMERK HET AS HANTEER . MY GEBED IS DAT U ELKEEN WAT HIER LEES SE SKILD SAL OPLIG EN IN DIE REGTE HAND SAL SIT SODAT HY/SY SAL BALKEI TEEN DIE DUIWEL. DAT ELKEEN SAL BESEF DAT U REEDS DIE WêRELD OORWIN HET.


VUL ELKEEN MET DIE HEILIGE GEES OPNUUT EN LAAT ELKEEN SAL PROE HOE WORDELIK U WERKLIK IS. SEëN ELKEEN MET U LIEFDE EN OPENBAAR AAN HULLE DAT DIE SWAARKRY WAARMEE DAAR GEWORSTEL WORD REEDS HANTEER IS EN DAT DIT AFGEHANDEL IS.

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page