top of page

Bid gedurig en aanhoudend

Jesus vertel vir die dissipels die gelykenis van die weduwee wat aangehou het om die regter lastig te val totdat hy later ingegee het. Dit is wat God van ons verwag, Hy wil hê ons moet aanhoudend vra en nie moet opgee nie.



Lukas 18:1- EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,.


As Jesus sê dat ons moet aanhou bid totdat ons gebede beantwoord word, beteken dit nie dat ons alle aanhoudened moet herhaal nie, of ure lank sonder ophou moet bid nie. Aanhoudende gebed beteken dat ons volhardend sal bid en sodoende ook ons afhanklikheid van God getuig. As ons op die manier in die geloof leef, sal ons moedeloos raak nie.


God wag dalk voordat Hy antwoord. As Hy uitstel, is dit om 'n goeie rede. Die uitstel is nie versuim nie. As ons aanhou bid, groei ons in ons karakter, geloof en hoop.


Die Here kom bemoedig ons vanoggend met vers 6-8 - (ek lees dit uit die Nuwe Nuwe Vertaling)

Die Here gaan toe verder:" Luister wat hierdie onregverdige regter sê. God sal beslis reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom in gebed roep. God sal sy antwoord nie lank uitstel nie, of hoe? Ek verseker julle dat God baie vinnig aan hulle reg sal laat geskied.


Kom ons maak 'n punt daarvan om tot God aanhoudend en gedurig te nader. Die uitkoms is nader as wat ek en jy dink. Aanvaar dat God se plan beter is as die plan wat jy dalk in jou kop het.


Efesiërs 6:18 stel dit ook so mooi. Doen dit alles tewryl julle ernstig bid en God aanhoudend smeek. Gryp elke kans en geleentheid aan om te bid. Doen dit deur die krag van die Heilige Gees gee.


GEBED

Almagtige Vader, dankie dat U ons net weer op 'n eenvoudige manier kom vermaan om gedurig en aanhoudend tot U te nader. Laat ons vandag toe om deur die Heilige Gees 24/7 tot U te bid.

Ons weet nou dat U sal antwoord en dit sal nie lank vat nie. Ons besef nou dat die uitstel tot ons voordeel sal wees.


In Jesus se Naam bid ek dit.



AMEN


www.geloof.live

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page