“Bid voortdurend”
Die Bybel sê Elia het dieselfde emosies gehad as ek en jy. Met ander woorde, hy het dieselfde swakhede as ons gehad. Hy het voor dieselfde versoekings te staan gekom. Hy was deur dieselfde vrese en twyfel geteister, maar hy was ’n man van geloof … en van gebed.
Daar was iemand anders wat net soveel vir my beteken het, ’n Suid-Afrikaner met die naam William Duma. Hy was iemand wat niks gedoen het sonder om te bid nie. Hy het meer tyd in gebed deurgebring as in enigiets anders.
’n Ander man wat in my gedagtes opkom, is Smith Wigglesworth, ’n nederige man, maar ook ’n man van gebed. Daar is meer as tien gedokumenteerde gevalle van mense wat uit die dood opgewek is deur sy bediening. Hy het gesê: “Ek bid nooit langer as 30 minute nie, maar ek laat nooit 30 minute verbygaan sonder om te bid nie.”
Is dit nie waar my en jou fout lê nie. Ons bid dalk net in oggend wanneer ons wakker word en dan weer vanaand voor ons gaan slaap. Ek het al voorheen dit gesê maar ek dink dit is nou weer vanpas. Soos Smith Wiggelworth elke 30 minute gebid het, het dit vir hom 'n groot invloed in sy lewe gehad. Kom ons volg sy voorbeeld en wend 'n daadwerklike poging aan om ook elke 30 munite tot God te bid. Stel jou selfoon om elke 30 min 'n geluid te maak en sit in die Gees van God en spandeer tyd saam met God. Ek is oortuig daarvan dat dinge radikaal sal verander.
Daar is 24 halfure in die tyd wat jy elkedag wakker is, en jy bid vir 5 min dan kom jy uit op 120 minute wat jy sam met God gespandeer het in plaas van net die 30 minute in die oggend of die aand. My selfoon is gestel, stel sommer nou joune ook. Doen dit vir 'n maand en sien jou hoe jou gebede die een na die ander beantwoord sal word.
Jy sien, dit is die verskil. Sommige mense wil heeltyd praat. Kom ons hou op praat en kyk wat God oor die saak te sê het.
GEBED: Vader God, dankie vir die herinnering dat ek altyd moet bid. Ek weet my gebede het soms oortuiging nodig. Help my om positief te praat oor sake waaroor ek gebid het. Help my om te bid en te glo dat U my volgens u wil sal antwoord. Amen.
Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Comments