top of page

Chasing the sun - Chasing Jesus

Baie van ons het gisteraand vasgenaal gesit voor die TV om die reeks te kyk.Wat alles agter die kerm gebeur. Hoe daar beplan is, bewegings geoefen is om die wêreld beker te kan wen.


Eerstens wil ek begin met die wat beketen chasing the sun? Chasing the sun refers to the act of actively seeking out or pursuing moments of joy, happiness, and positivity in life.


Dit is vir my 'n baie goeie beskrywing wat gisteraand op die TV gebeur het. Iemand wat wen is altyd vol vreugde en geluk en straal positiwiteit uit.


Dit is presies wat Jesus van ons verwag. Ons moet elke dag net soos die springbokke daagliks beplan en oefen, dieselfde doen. Daardie geluk gaan nie vanself kom nie. Dit vat harde werk en opofferings om die geluk en joy te kry. Wanneer jy dit gevind het, kom die positiewiteit vanself.


Ons moet soos die Springbokke opofferes maak, daagliks oefen, beplan om die duiwel uit te oorlê, sodat hy sommer sal besef dat hy nie gaan deurdring deur ons verdedingslyne nie.


Ons moet ook halftyd luister na die ons afrigter, Jesus, wat vir ons nuwe planne sal uitlê om as oorwinnaars uit die stryd te tree.


Wanneer jy dit reg kry om die joy en happiness te ervaar, sal die positivity in life uitstraal uit jou lewe. Glo my dan gaan dit vir jou ook so voel soos Rassie Erasmus toe hy die die lughawe aankom en hierdie magdom mense daar te sien. Dit sal vir jou ook 'n oomblik van trane gevoel wees.


Nou met die groot lydensweek is dit belangrik dat ons dit deel van ons wedstrydplan sal maak. Die hoofafrigter het deur diep waters gegaan en op die ou einde sy lewe opgeoffer terwille van ons. Al verskil is dat die hoofafrigter het ons nie verlaat nie, Hy lewe nou binne ons. Hy gee nogsteeds vir ons ander wedstryd planne, ons moet dit net uitvoer. Ons kan nou baie beter verstaan wat Jesus se planne met my en jou is.


Jy mag dalk van posisie verander maar jy is nogsteeds deel van die wenspan. Ons moet vir mekaar speel, mekaar aanmoedig en waanneer iemand dalk die bal aangeslaan het, hom of haar opbeur met positiewe kommentaar. Ons wil ook hê dat duisende mense in die strate sal staan en die span toe juig.


Kom ons maak 'n verskil in ander se lewens tydens hierdie lydensweek deur joy and happiness uit te straal.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Opmerkingen


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page