top of page
Writer's pictureGeloof

Christelike Vryheid




My vriend, Paulus, skryf aan die Galasiërs in Galasiës 5 wat dit beteken om Christelike Vryheid te kan hê.


Hy begin die gedeelte met die voorbeeld va besnyding, as jy nie besny is nie sal jy nie gered word nie en die wet van Moses moet onderhou word. Hoor wat sê hy in vers 5 - Wat ons betref, deur die werking van die Heilige Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat belangrik is, is geloof wat deur die liefde tot dade sal oorgaan.


Paulus was baie ernstig oor die saak en het sterk daaroor gevoel soveel so dat hy die persone wat die besnydenis aangepraat het veroordeel. Hy sê in vers 13 - Ek wens die mense wat die verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman.


In vers 13 word ek en jy geroep tot vryheid en ons mag dit nie gebruik as verskoning om sonde te doen nie. Ons moet mekaar in liefde dien. Ons weet mos dat - die hele wet is in hierdie een gebod saam gevat: " Jy moet jou naste liefhê oos jouself".


Wat Paulus eintlik vir ons wil sê is dat ons lewens deur die Gees van God beheer moet word want dan sal ons nie swig voor die sonde nie.

Praktyke van die sondige natuur

​Vrug van die Gees

Onsedelikheid

Liefde

Onreinheid

Vreugde

Losbandigheid

Geduld

Afgodsdiens

Vriendelikheid

Towery

Goedhartigheid

Vyandskap

Getrouheid

Haat

Nederigheid

Naywer

Selfbeheersing

Woede

Rusies

Verdeeldheid

Skeuring

Afguns

Dronkenskap

Uitspattigheid

Wanneer jy daarna smag om die vrug van die Gees as enigste weg te sien, kom bemoedig ek jou met Paulus se woorde in vers 24 - Die wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.


Here mag elkeen wat hier lees deur die Heilige Gees aangeraak word en vernuwe word om die vrug van U Gees te kan dra. Laat die vrug soos 'n veldbrand versprei en die praktykte van die sonde tot as verbrand. Laat die hartsbegeertes en sonde in elkeen gekruisig word.


Vul elkeen met die Heilige Gees, hier waar hulle die kort stukkie lees, en verander U wat nodig isvoel. Laat elkeen daardie gevoel, die een wat nie beskryf kan word nie, in hulle hart kry soos die Gees beheer oorneem.


11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page