top of page

Dag 1 van 21 Dae oor die krag van gebed - Deur Angs Buchan


Bid met passie

BID MET PASSIE


God beantwoord slegs gebede wat met geloof gebid word. As jy dus bid sonder om te glo sal jy niks ontvang nie. Dis baie van ons se probleem – eintlik glo ons nie dat God ons sal red nie en dit maak God se hart seer. Dis soos as jou seuntjie na jou toe kom en vra: “Pa, gaan ons vandag middagete eet?” en jy na hom kyk en sê: “Natuurlik gaan ons. Het jy al ooit nié middagete gekry nie?” Dieselfde geld vir God:


As ons bid, moet ons glo dat God ons gebed sal verhoor. Om met ywer te bid beteken om régtig te bid. Onthou jy hoe ons Here in die tuin van Getsemane gebid het en daar bloeddruppels op die grond geval het?


Sommige van ons gebede is pateties. Ons glo nie, ons staan nie op ons knieë nie, ons bring nie tyd in ons dag in die Woord deur om die Here se aangesig te soek nie. In Jakobus 5:17 lees ons van Elia, wat ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie. Elia was net ’n gewone man, maar hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie en toe het dit nie gereën nie. lia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.


Lees gerus ook 1 Kon 17 en vind hoe die Here by herhaalde kere Elia se gebede vehoor het. Die vrou by wie Elia gebly het eindig die gedeelte af met die volgende woorde, nou weet ek dat u 'n man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is.


Ek wil jou aanmoedig om met ’n ander gesindheid te begin bid. Jy kry nie omdat jy nie vra nie. Geloof volg by die aanhoor van die prediking, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van God se Woord. Begin tyd deurbring in God se Woord om rigting nét by God te kry, nie by elke Jan Rap en sy maat nie. Begin dan ook effektief bid.


Jy bid dalk om ’n baba te kry. Wel, dis presies wat Abraham en Sara gedoen het: Hulle het hul vertroue in God gestel en Hy het vir hulle ’n kind gegee. Bediening werk slegs deur geloof. As die Here vir ons sê om iets te gaan doen, sal Hy voorsien wat nodig is. God sal jou deur elke situasie dra en Hy sál sy beloftes gestand doen.


God beantwoord effektiewe, passievolle gebede. Maak seker jou lewe dra God se goedkeuring weg, vra na sy wil en bedank Hom by voorbaat.


GEBED: Here, ek vra dat U my meer moed en ywer sal gee wanneer ek bid. Mag ek gebede bid wat van groot geloof spreek en mag ek waarlik glo dat U my sal antwoord. Amen.


Geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS DEUR ANGUS BUCHAN © Christelike Uitgewersmaatskappy.

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page