top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 14 van 21 dae oor die krag van gebed


“’n Kragtige gebedslewe”


Ek is net ’n eenvoudige boer, maar ek weet een ding: God verhoor gebede. Jy kan enigiemand vra wat saam met ons op veldtogte gaan; dit reën gereeld aan die einde van ’n veldtog. Ek weet nie hoekom dit gebeur nie, maar ek het nog nooit ’n boer hoor kla oor te veel reën nie.


God het aan Noag ’n teken gegee: ’n pragtige reënboog. God het belowe dat Hy nooit weer die aarde sal laat oorstroom nie (Genesis 9:11): Nooit weer sal ’n watervloed alle mense en diere doodmaak nie. Nooit weer sal ’n vloed die hele aarde heeltemal verwoes nie. Ek sal my ooreenkoms met julle hou.”, en Hy het ook nie. God het vir ons ’n teken gegee. Dit is amper asof die Here sê: “Mooi so, goeie en getroue diens knegte.” Dit is waarom ek Jesus so liefhet. Hy is vir my werkliker as enigiets wat ek voor my kan sien. Hy wil hê ons moet na Hom roep sodat Hy ons kan antwoord.


Hoe bid jy, hoe lank bid jy en waar bid jy? Ons moet ons in ’n gebedskamer toesluit. Hou aan God vas en moenie los voordat Hy jou antwoord nie.


Wanneer ons ’n doeltreffende gebed bid, kan God optree.


GEBED: Here, ek verbly my in U. Dankie vir u groot liefde vir my. Ek wil graag ’n lewendige gebedslewe hê – ek wil tyd in u teenwoordigheid deurbring sodat ek naby U kan wees. Ek besef niks is belangriker as om tyd saam met U deur te bring nie. Amen.


Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.


8 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentarios


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page