top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 19 van 21 dae oor die krag van gebed


“Vra in Jesus se Naam”


Ek glo God sal vir jou enigiets binne sy wil gee. Versoeke soos: “Here, maak asseblief my liggaam gesond sodat ek ’n broodwinner vir my gesin kan wees,” of: “Here, red my verlore seun en bring hom huis toe,” is die tipe versoeke wat die Here verwag.


Op ’n keer het ’n vrou wie se dogter met ’n onrein gees vervul was vir Jesus gevra om haar te genees. Jesus het vir haar gesê: “Dis glad nie mooi om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.” Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet tog darem onder die tafel van die kinders se krummels.” Toe sê Hy vir haar: “Omdat jy My so goed geantwoord het, kan jy maar huis toe gaan. Die duiwel het jou dogter verlaat” (Markus 7:24-30).


Die vrou was nie eens ’n Christen nie, maar sy het geloof gehad. Sy het vir God gevra om iets vir haar te doen. Sy het aangehou totdat Hy uiteindelik ingestem het om haar dogter te genees. Hoekom gebeur dit soms dat ons nie vir God vra wat ons wil hê nie, maar aanvaar dat die Here moet weet wat ons behoeftes is? God wil ons dit hoor vra.


Die Here het in die reis deur die 21 dae dit vir my baie mooi uitgelig en dit is dat Hy soek voortdurende kontak met ons. Kwaliteit tyd om werklik met God verbind te word. Om te aanvaar dat God weet wat ons nodig het, is nie genoeg om ons geloof sterker te maak nie. Ja God weet wat ons nodig het maar as ons nie dit direk van Hom vra nie, is dit dalk nie regtig wat ons nodig het nie. Wanneer kersfees nader kom was en is daar seker nog die tradies dat die kindertjies briefies en gebedtjie moes skryf en bid om vir vader kersfees te sê wat jy regtig wil hê. Dit is wat God van ons verwag, net op 'n ander vlak, voordurende kontak en ons moet dit is sy Naam vra.


GEBED: Vader, ek dank U dat ek voor U kan kom met lofprysing en dankbaarheid. U is ’n groot en wonderlike God. Ek bring my versoeke vandag na U toe. Dankie dat U my hoor. Amen.


Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Bình luận


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page