top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 20 van 21 dae oor die krag van gebed


“Kom in gebed na Hom toe”


Elia was ’n ambassadeur vir God. Jy sal onthou dat Elia gebid het en God het die reën vir drie en ’n half jaar teruggehou. Toe het Elia weer gebid en God het die reën gestuur. In 1 Konings 18 het Elia die Baäl-profete uitgedaag om te sien wie se god die ware God is. Hulle het ’n altaar gebou en tot hulle gode geroep, maar niks het gebeur nie. Elia het sy altaar gebou en selfs water oorgegooi. Daarna het hy vir God gevra om vuur uit die hemel te stuur. Die Here het die vuur gestuur en die offer het uitgebrand.


Dit is soms vir ons moeilik om te vra vir wat ons nodig het. Miskien is dit omdat ons so onafhanklik en trots is. Ons wil dinge op óns manier doen. Maar daar kom ’n tyd wanneer ons vir God moet sê: “Here, as U nie ingryp nie, is dit klaar met my. Help my, asseblief.”


Hoe baie van ons was nie al op daai plek nie, waar jy gevoel het, nou kan ek nie meer nie. Hierkom Angus Bachan en gee vir ons baie goeie raad. Streek jou trots in jou sak en vra vir God. Hoe moeilik kan dit nou wees. Baie van ons is dalk nie op 'n goeie plek as dit by God kom nie, maar onthou, die ongelowige vrou het haar dogter na Jesus gebring en ten spyte van dat sy nie Christen was nie, het sy nogsteeds geglo dat Jesus haar dogter kan gesond maak, en Jesus het.Die Here kom sê nou vir my dat ons moet begin vra en glo vir die klein digetjies en die groot goed gaan vanself gebeur. Ons vra baie keer vir aardse dinge, soos geld, werk, en so baie aardse dinge, vernuwe jou denke deur vir geduld, genade, geestelik teenwoordigheid van God te vra en die aardse goed sal self in plek val. Ja, ek weet dat julle dalk nou sê ons het geleer die paar dae om reguit vir God te vra, ons moet nie net aanvaar dat God weet wat ons nodig het nie. Vertrou God met geduld, genade, liefde en selfbeheersing en net die regt werk se deur sal oopmaak, of 'n deurbraak in die diagnose van jou siekte sal plaasvind of jou finansies sal weer klop.


Wanneer jy probeer om groot dinge vir God te doen, moet jy vir Hom vra wat jy nodig het. Jy weet as Hy dit nie doen nie, is dit nie moontlik nie. Dit is ’n goeie posisie om in te wees, want dan, wanneer dit volvoer is, kry God al die eer. Ons doel is om in gebed na Hom toe te kom en te vra.


GEBED: Vader, ek het ’n wonderwerk nodig. Sal U asseblief vir my een doen? Terwyl ek in geloof op U wag, bid ek dat U hierdie dinge vir my sal doen. Amen.


Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Yorumlar


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page