top of page

Dag 21 van 21 oor die krag van gebed


“’n Sagte fluistering”


Ek het talle uitnodigings na spreekgeleenthede van die hand begin wys omdat ek besef het ek hardloop net van een afspraak na ’n ander. Sedert ek begin mediteer het, het ek baie meer om aan te bied omdat ek van God hoor. Dit is nie altyd maklik om dit te doen nie. Jy moet ’n stil, rustige plek kry: jou slaapkamer, jou studeerkamer, jou kantoor, of jou voertuig.


Dikwels wanneer jy gaan sit met die bedoeling om stil te word voor die aangesig van die Here, begin jou brein oortyd werk. Die Bybel sê die oorlogsveld in die verstand is nie in die hart nie. Jy onthou skielik al die dinge wat jy nog moet doen. Onwillekeurige gedagtes kom by jou op. Die Here praat in ’n sagte fluistering; jy moet stil wees om Hom te hoor.


Ek het ’n spesiale plek waarheen ek onttrek om saam met God te wees. Ek begin stadig kalm raak en ontspan. Soms kan dit tot ’n halfuur neem. As jy deur God gebruik wil word, as jy van God wil hoor, as jy verbondenheid aan God wil ervaar; moet jy tyd saam met God ’n prioriteit maak.


GEBED: Vader, ek is so bewus daarvan dat ek allerhande verskonings gebruik om nie tyd saam met U deur te bring nie. Help my om my prioriteite reg te kry sodat ek tyd saam met U my grootste prioriteit sal maak. Amen.


Geneem uit IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.


7 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page