top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 3 - Krag van gebed - Vra in Jesus se Naam


Ek glo dat God vir jou enigiets binne sy will gee. Versoeke soos: "Here maak asseblief my liggaam gesond sodat ek broodwinner vir my gesin kan wees,"of Here, red my verlore seun en bring hom huis toe," is die tipe versoeke wat die Here verwag.


In Markus 7: 24-30 is die verhaal van 'n vrou wie se dogter met 'n onrein gees vervul was vir Jesus gevra het om haar dogter te genees. Jesus het vir haar gesê. Dis glad nie mooi om die kinders se kos weg te vat en vir die huishondjies te gooi nie."Sy het Hom geantwoord:"Here die hondjies eet tog darem onder die tafel van die kinders se krummels." Toe sê Hy vir haar:" Omdat jy My so goed geantwoord het, kan jy maar huis toe gaan. Die duiwel het jou dogter verlaat.


Die vrou was nie eens 'n Christen nie maar sy het geloof gehad. Sy het vir God gevra om iets vir haar te doen. Sy het aangehou totdat Hy uiteindelik ingestem het om haar dogter te genees. As jy die verhaal lees sal jy vind dat Jesus by 'n sekere huis tuis gegaan het en Hy wou nie hê dat iemand moet dit weet nie, want Hy was seker moeg en oorlaai.Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie.


Gebeur dit nie met my en jou soms dat ons net aanvaar dat die Here weet wat ons behoefte is nie? Dit is duidleik uit die gedeelte dat God wil hoor hoe ons Hom iets vra. Die Griekese vrou het gou van Hom te hore gekom en nie opgehou vra om haar dogtertjie te genees nie. Sy het nie net aanvaar dat Hy haar sal genees nie. Sy het gevra.omdat sy geglo het alhoewel sy nie 'n Christen was nie.


Daar is 'n spreekwoord wat sê: "Wie nie vra nie sal nie kry nie". Hoekom kry ek en jy nie, omdat ons nie vra nie. Ons moet die gewoonte aan kweek om meer te vra, meer direk te vra. Dalk vra ons verkeerd. Moet ons nie dalk vra, "Here ek het kanker en ek is die broodwinner., genees my van die siekte. Ek kom bid in Jesus se Naam neem die kanker van my af weg.


Ek dink dit is die tipe vrae wat God van ons verwag


GEBED : Vader ek dank U dat ek voor U kan kom met lofprysing en dankbaarheid. U is 'n groot en wonderlike God. Ek bring my versoeke vandag voor U. Dankie dat U my hoor. AMEN


Geneem uit in die vrede van sy teenwoordigheid deur Angus Buchan.




5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentários


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page