top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 3 van 21 dae oor die krag van gebed - Vurige gebed


Dis skrikwekkend om te dink hoe min tyd daar deesdae aan gebed afgestaan word, veral Christen-leiers. Waarom is dit so? Kan dit wees dat ons geneig is min tyd saam met iemand deur te bring wat ons nie juis goed ken nie. Hoe kan jy tot iemand bid way jy nie ken nie.?


'n Goeie manier om ons verhouding met die Meester te meet is deur te kyk hoeveel tyd ons bestee aan gebed. Dis nogal 'n uitdaging, want die hoeveelheid tyd wat gelowiges in gebed deurbring, is 'n goeie aanduiding van hulle geestelike volwassenheid.


Daar word gesê dat Martin Luther al hoe meer tyd in gebed deurgebring het. namate hy besiger geword het. Hoe meer verantwoordelikehede hy moes nakom, hoe vroeër het hy soggens opgestaan. Die teenoorgestelde is waar van ons: Hoe besiger ons word, hoe minder tyd bring ons in gebed deur.


Onthou jy hoe jy gebid het toe jy pas jou lewe vir Jesus gegee het? Hoeveel tyd jy nou saam met die Here deur bring? As jy die situasie nie regstel nie, kan dit dalk rampspoedig wees. Die Here vereis dat ons tyd aan gebed afstaan, en dis net 'n dwase gelowige wat nie gehoor gee aan hierdie opdrag nie.


Gebed is die lewensbloed van die kerk. Elke herlewing wat nog ooit gebeur het, het begin omdat mense begin bid het. As ons verhouding met die Here vir ons belangrik is, behoort dit vir nie moeilik te wees om tyd in sy teenwoordigheid deur te bring nie


Daar is verskillende soorte gebed: daar is korporatiewe gebed, wanneer ons saam bid. Daar is ook voorbidding wanneer ons vir 'n spesifieke situasie of persoon intree. Die gebed waarvan ek praat, is egter persoonlike, individuele gebed - gebed tussen elke gelowige en God.


Gebed is 'n natuurlike ding, dit verg nie inspanning nie. Dit behoort net so natuurlik as asemhaling wees vir 'n Christen. Gebed beteken nie net praat nie - dit beteken ook om te luister en op God te wag.


Om aan te sluit by die tema wil ek nou 'n getuienis lewe van iemand wat in ons bybelstudie groep is. Annelien het tien dae gelede die tyding gekry dat die besigheid waarvoor sy gewerk het net tot einde Desember 2023 gaan operasioneel wees. Hulle sluit dis die besigheid. So sy moet nou begin werk soek. Met die eerste CV wat sy uitstuur kry sy 'n uitnodiging vir 'n onderhoud en binne 3 dae ontvang sy haar nuwe werksaanbod, terwyl die ander 40 personeel lede maar sukkel om weer 'n werk te kry. Daar is 'n paar mense wat vurig vir haar bebid het, en die resultate daarvan is, sy het werk gekry.


Ek is oortuig daarvan dat ons die krag van gebed heeltemal onderskat. Kom ons maak werk daarvan om gefokus na God te gaan en om direk en ernstig met God te praat. Hy wil hê dat ons ons hartsgeheime, ons behoeftes met Hom te bespreek.


GEBED: Liewe Here, dankie vir alles wat gebed kan vermag. Mag ek nooit die krag onderskat wat gebed het om lewens te verander nie. Ek wil moeite doen om meer met U te praat en meer te luister na wat U vir my wil sê. Ek bid dit in Jesus se Naam. AMEN


Geneem en aangepas uit DIE BYBEL - MET GRASSROOT OORDEKENINGS DEUR ANGUS BUCHAN

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page