top of page
Writer's pictureGeloof

Dag 5 - 21 Dae oor die krag van gebed


Die gebed van 'n regverdige


Daar is twee woorde wat God vir my gegee het – “volhard” en “najaag”. Ons moet dit begin doen. Daar is te veel van ons wat moed opgee of van rigting verander; daarom bereik ons nooit werklik iets nie. Ons moet by God hoor wat Hy wil hê ons moet doen en dit dan met ons hele hart najaag. Dink aan die twee blinde mans wat wou hê Jesus moes hulle gesond maak (Matteus 9:27-30).


Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!” 28Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?”

“Ja, Here,” antwoord hulle Hom. 29Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.”

30Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.”


Hulle het agter Hom aangekom en toe hulle Hom inhaal, het Jesus hulle gevra: “Glo julle regtig Ek kan julle gesond maak?” (vers 28). Jesus het hulle oë aangeraak en die Bybel sê hulle kon daarna sien en het oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is. Hul geloof het hulle gesond gemaak.


Wat die deurslag gee, is dít: Glo jy dat Hy kan? Dit gaan oor geloof – geloof dat Jesus Christus die Seun van God is, geloof dat Hy ’n wonderwerker is en dat Hy gister, vandag en vir altyd dieselfde is.


Jy kan óf glo dat die Here gebede verhoor óf jy kan dit aan toeval toeskryf. Maar ek wil vir jou sê dat jy nie vir die res van jou lewe sal kan sê dis toevallig nie. Ons dien ’n almagtige God wat van ons verwag om Hom na te jaag en te volhard. As jy aanhou om aan die deur te klop, sal dit oopgaan. Ons moet dít wat ons begin het, deurvoer.


God eer die vurige gebed van ’n regverdige mens. Hy het dit in my lewe gedoen – nie een keer nie, maar talle, talle kere. Vir my het dit ’n leefstyl geword – om eers God se wil te soek en dan te volhard totdat dit gebeur. Dis baie opwindend en ook baie lonend.


As Christene is ons al op talle maniere getoets en ons sal aanhou om getoets te word. Baie is al ontnugter, maar ek wil jou aanspoor om weer die droom na te jaag wat God jou gegee het en dan te volhard totdat dit ’n werklikheid word.


GEBED: Vader, ek glo dat gebed kragtig en effektief is, en dat U die gebede hoor van almal wat U aanroep. Bemoedig my asseblief om deur te druk en my droom na te jaag sodat ek sal volhard totdat U antwoord. Amen.


Geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS DEUR ANGUS BUCHAN © Christelike Uitgewersmaatskappy.


8 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

コメント


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page