top of page
Writer's pictureGeloof

Deel jou geloof beteken vertel jou verhaal

Updated: Aug 14, 2021

Ons weet dat Jesus die dissipels opdrag gegee het om dissipels van die nasie te maak en ons het gister evangelisasie aangeraak.


Vandag sê die Here vir ons dat ons dit wat met ons gebeur, te deel met ander. 'n Goeie voorbeeld is Johannes in Johannes 9 waar Jesus en die dissipels 'n blinde man raakloop. Johannes 9:2 - His disciples asked Him, Teacher, whose sin caused him to be blind? Was it his own or his parents' sin?

Is ons nie maar ook geneig om altyd te wil weet hoekom dinge in 'n mens se lewe gebeur nie. Hoekom het die motor se enjin opgepak of is jou handsak dalk gesteel? Word ons dan nou gestraf vir die sondes wat ons gedoen het?


Jesus se reaksie op hulle vraag het selfs vir my verbaas. Kom ons lees dit in vers 3 - His blindness has nothing to do with his sins or his parents' sins. He is blind so that God's power might be seen at work in him.


Kan die Here se krag in jou gesien word? Is jy bereid om die wêreld te gaan vertel wat het in jou lewe gebeur. Hoe het die Here jou gehelp om deur 'n moeilike situasie te kan kom. Hierdie man is na die Fariseërs geneem om te vertel wat nou net hier gebeur het. Hulle het selfs getwyfel dat hy nooit blind was nie. Bevestiging deur sy ouers klaar die probleem op maar die Fariseërs betwyfel dit nogsteed in vers 24 met die woorde - "Praat die waarheid voor God; ons weet mos hierdie man is 'n sondaar.


Hierdie man was nie bang om te vertel wat Jesus nou net in sy lewe gedoen het nie, hy was nie bang vir al die vrae wat aan hom gestel is nie. Hy vertel net wat gebeur het. Dit is wat God van ons verwag, om te vertel wat in jou lewe gebeur het.


Hier is my storie

'n Paar jaar gelede het die Here my die opdrag gegee om dieper te gaan kyk in die bybel oor geloof en nou hier is my dagstukkies via Facebook. Dit is vir my 'n aansporing om elke dag vroeg wakker te word en stil te raak en die stem van die Here te hoor en dit dan te deel met ander, julle, wat nou hier lees. Ek het ook my eie besigheid gehad en het baie goed oor die weg gekom en toe kom COVID. Alles val plat, inkomstes het opgedroog en dinge raak baie moeilik. Ek dink baie van ons gaan deur dieselfde situasie. Deur hierdie worsteling dra die Here vir my en my gesin. Ek persoonlik dink COVID is op my pad gestuur om my weer te kry waar ek aktief die blad aan die gang moet hou en meer tyd saam met God te kan spaandeer.


In hierdie tyd het ek begin om kos te maak vir ander mense en dit is nou al so dat ek gemiddeld 25 etes per dag maak vir kliente. Die feit dat ek by die huis is, maak dat ek tyd saam met God kan spandeer, tyd saam met my vrou het, en geen druk ervaar van die beroep waarin ek was nie. Ek slaap selfs beter in die nag. Finansiel is ek nog nie naby aan waar ek was nie maar die Here stuur elke dag nuwe kliente vir etes. Dit is wonderlik om uit die bloute 'n oproep te kry en dalk 4 etes te bestel.


Dit is net wonderlik hoe dinge uitwerk. Ek weet nou dat die Here my lekker van die wêreld, uit die oogpunt van 'n sondaar, weg gevat het omdat Hy my nodig het om vandag die getuienis met jou te deel. Die Here is tot so baie meer instaat as ons net op Hom vertou.


Ek het nou die dag die volgende woorde gehoor - If the situation is to big for you solve, its not yours to solve, it's God to solve.


Moenie dink as jy deur moeilike tye gaan, dit is God wat jou straf nie, nee Hy is besig om jou voor te berei vir iets groters. Vertrou Hom net, maar wat baie belangrik is, is dat jy dit wat jy beleef deel met ander. Om hulle ook aan te spoor om die wonderbaarlike krag van God te ervaar.


Ek sal graag ander se stories wil hoor hoe God jou lewe verander het en sal dit deel waar ek kan. Ons as Christene moet saam staan en help om dissipels van die nasies te maak. Jou storie mag dalk dieselfde wees as iemand ander se situasie en maak dat daardie persoon by God uitkom.


As jy jou getuienis wil deel stuur 'n epos na gloingod101@gmail.com. Alles word as vertroulik hanteer en sal slegs met jou goedkeuring gedeel word.


Om af te sluit, die Here het deur my situasie, my denke so verander om hierdie blad op die been te bring en ek is trost daarop om te kan sê dat ons maandeliks 240 000 mense bereik. Ek weet die Here gaan dit meer maak en dat jy wat nou hier lees deel gaan maak daarvan.


Ek loof en prys die Here vir die voorreg en alle eer kom Hom toe.







1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Commentaires


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page