top of page
Writer's pictureGeloof

Deel jou geloof - Evangelisasie


Dit is seker die belangrikste ding om te doen as jy Jesus as jou saligmaking gekies het. Om te deel wat jy as gelowige ervaar en beleef. Dit sal ander aanleiding gee en ook bemoedig om dieselfde roete te volg en dit is om Jesus te volg.



Dit laat my dink aan die Emmaugangers in Lukas 24. Jesus loop saam met hull, oë was blind en het Hom nie erken nie. Jesus het nadat Hy uit die dood opgestaan het gehoor hoe twee mans loop en gesels. Hy vra hulle waaroor hulle so ernstig gesels. Hulle antwoord was dat of Hy nie weet wat alles nou gebeur het nie. Die kruisiging van Jesus, sy begrafnis en sy opstanding uit die dood.


Jesus sê vir hulle in vers 25 en 26 - Jesus sê toe vir hulle: “Ek kan nie glo julle geloof is so klein nie. Hoekom glo julle nie wat God se boodskappers in die Bybel sê nie? 'Weet julle nie dat die Messias, God se Gestuurde, eers moes kom ly voordat Hy na sy hemelse woning teruggaan nie?


Jesus lê al die Skrifuitsprake vir hulle uit, van Mosess af waarby Jesus betrokke was. Hy het dit wat vandag in die bybels staan met hulle gedeel. En dit is wat God van ons verwag om te doen. As jy dit wat jy lees in die bybel en die Heikge Gees lê die skrif vir jou uit, of daar kom 'n gedagte by jou op, weet dan dat dit van die Heilige Gees kom, en God wil hê ons moet dit aan ander vertel om hulle ook te help om nader aan God te lewe.


Lukas 24: 32 is een van my gunsteling versies in die bybel, want ek ervaar dit regtig so wanneer ek stil raak en dit is die wonderlikste gevoel wat 'n mens kan kry. Dit is ook iets wat jy nie vir iemand kan beskryf nie. Hoor hoe mooi is dit - 'Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”


Waanneer jy die woord van God ontvang moet jy dit deel met ander want dit is wat God in Matteus 28 van ons vra. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels en tweedens wil God hê dat dit wat ons beleef gedeel moet word met ander.


Dit is my wens dat elkeen wat hier lees deur die Heilige Gees gevul sal word om ook die warm gevoel in jou hart te kan voel. Ons moet ook maak soos hulle gemaak het het, soos ek nou doen, gaan vertel ander van jou ondervinding en hoe die Heilige Gees die skrif vir jou uit gelê het.


My gebed vir jou: Almagtige Vader, ek kom bid vandag vir hierdie persoon wat hier lees, dat U hom/haar sal sëen en krag sal gee om deur die skrif te hoor wat U sê. Dat die Heilige Gees hulle geestesoë sal open om op die golflengte te mag kom om nader aan U te lewe.


My gebed is dat U hulle hart ook sal laat warm laat klop en daai wonderlike gevoel sal ervaar. Die gevoel wat jy baie graag wil deel maar dit nie kan beskryf nie en ook om die woord wat ontvang is met ander te deel.


Indien jy die woord ontvang het, deel dit met ons sodat ons dit weer met ander kan deel. My gebed is dat hierdie boodskap ook gedeel sal word omdat dit is wat God wil hê ons moet doen.


Indien jy dalk 'n gebeds versoek het kan jy dit deel op ons bladsy in die skakel aan die onderkant van die blad of as jy dalk deel wil word van die gebedspan kliek op die skakel.


Daar word gereeld versoeke gerig van mense wat swaarkry in die moeilike tye en die behoefte is om hulle te help raak al hoe grooter. Indien jy dalk deel wil raak van die uitreikspan kan jy ons ook kontak. Die gedagte is om dan tot die Here te nader en oplossings vir daardie persoon te vind, dalk deur geskenk pakkies vir hulle te stuur waar hulle ookal is. Met woord en daad kan ons verligting bring al is dit net vir een persoon.


Ek moet eerlik erken dat dit iets is wat God op my hart kom lê het en sal graag mense wil kry wat my kan bystaan in die verband.


Here sëen dit wat ons hier beplan en sëen die persone wat betrokke raak.






4 views0 comments

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page