Wanneer ons getoets word moet ons onsself herinner dat ons deur die toets sal kom.
God is in ons en ons moet terug veg met sy woord. Die Psalm digter se dit so mooi in Ps 5:2- maar laat almal wat by my skuil bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm die wat U liefhet en hulle juig oor U.
Is ons nie geneig om negatief en bedruk te voel as ons deur swaarkry of beproewings gaan nie. Hier lees ons wat om te doen. SKUIL BY DIE HERE. En die vrede sal die bitter van die swaarkry of beproewings verlig.
Daniel bevestig dit in Dan 3:12 - die amptenare en koning het gestaan en kyk hoe Sadrag, Mesag en Abednego in die vuur oond gegooi is. Hulle het gesien dat die vuur niks aan hulle gemaak het nie. Die hare op hulle kop het nie eens geskroei nie. Hulle klere het nie eers na rook geruik nie.
Hoe groot moes hulle geloof nie gewees het nie?
Moet ons nie God toelaat om deur ons geloof, ons toe laat om die teenaanval te loots nie. Die mens is geneig om negatief te raak. Moet ons nie deur die woord van God, ons geloof versterk, en God toe laat om sy werk te doen nie.
Ons moet bly wees om die swaar kry te ervaar want dan weet ons God is besig om aan ons plan te werk
Jakobus se dit in Jak1:4- julle moet egter volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kort kom nie.
Paulus se dit so mooi in Rom 8:37 - Tog is ons tenspyte van al hierdie dinge besig om n klinkende oorwinning te behaal deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.
コメント