top of page

Die belofte van die Heilige Gees


As jy Handlinge lees sal jy vind dat die gedeelte gaan oor Jesus wat kom en 'n vuurtjie in Palestina aansteek en dit is geinspireerd deur die Heilige Gees en ook aangeblaass word deur die Gees. Die boek Handelinge doen eintlik verslag oor wat gebeur het terwyl Jesus geleef en selfs na sy dood..

Lukas kom vertel eintlike vir ons die stories oor Jesus terwyl Hy op aarde was.


Lukas skryf in Handelinge 1:2 - "Voordat Hy in die Hemel opgeneem opgeneem is, Het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.


Ons weet dat ons almal uitgekies is om apostels te wees. Jesus stel die werderkoms uit sodat almal gered kan word.

Ons kry nou ook die opdrag van Jesus direk uit vers 4 - Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawes wat die Vader belowe het. Jy gaan dalk deur baie swaar tye, finansies, huweliks probleme, siekte of een of ander lyding maar Jesus direk se vir jou, moenie na aarde oplossings soek nie, wag net die regte tyd dat die Heilge Gees oor jou pad sal kom. Jesus se ons moet wag vir die belofte wat die Vader beloof het. Julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.


Ons moet besef dat die Heilige Gees altyd teenwoordig is. Elke oggend as jy stort en jy die Here dank vir die nuwe dag word jy weer deur die Heilige Gees gesalf. Die Heilige Gees sal sal saam jou, deur jou en met jou wees deur daardie dag.


Jesus se dissipels vra in vers 6 vir Jesus die vraag; Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig? Hier dink die dissipels weer aan die aarde dinge. Jesus se antwoord is baie duidelik aan die dissipels dat selfs Hy nie eers weet wanneer die aardse dinge gaan gebeur nie, slegs God weet wanneer dit gaan plaasvind. Is ons nie ook maar so nie? Ons wil he dat die aardse dinge op ons terme en voorwaardes gebeur. En as dit nie gebeur nie rebeleer ons teen God.


Al hoe ons oor hierdie hekkie kom is wanneer die Heilige Gees oor ons kom. Die Heilige Gees sal ons die krag gee om deur dit waarmee ons worstel te kan kom en help om Geestelik oor alles te dink. Ek het die week wat verby is ervaar hoe die Heilige Gees my kalmte gegee het om deur 'n struikelblok te kom. Daai kalmte, rustigheid wat ek ervaar het is moeilik om te beskryf. Dit is die lekkerste vryheid wat seker bestaan. Geld kan dit nie koop nie. Voor ek my oe uitvee is alles uitgesorteer sonder dat ek regtig iets gedoen het.

Jesus is hier vir ons 'n baie goeie voorbeeld. Terwyl ons nou deur die lydings tyd gaan besef ek net weer opnuut dat ons verseker nerens sal kom as die Heilige Gees in ons werk nie. Kom ons kyk vir die lydings tyd deur Jesus se bril. Hy het geweet dat Hy binnekort gaan sterf, dat Hy nog so baie het om te doen, siele om te red voor Hy in die Hemele opgeneem word. Jesus het ook nog 40 dae nadat Hy gesterf het aan sy dissipels verskyf. Dit is net 'n bewys hoe lief Jesus ons regtig het. Hy wil he dat niemand verlore moet gaan nie.


Ons is baie bevoorreg om vandag soveel hulpmiddele te he. 'n Selfoon app wat kan gebruik om gou 'n bybel vers te lees. Jesus en die dissipels het dit baie moeiliker gehad. Kom ons gebruik die geleentheid om soos Jesus getuies te wees dat ons die krag sal ontvang wat deur die Vader belowe is. Ons is dus geroep om te getuig dat die Heilige Gees jou lewe verander wanneer jy toelaat om in jo en deur jou te kom werk.


Die vrede wat ek genoem het is nie aardse vrede nie, dit is vrede wat God aan jou gee om verby jou probleem of situasie te kyk en net vir God raak te sien.

Ons het ook die opdrag gekry om te getuig van God se goedheid soos ek dit nou hier doen. Ons moet besef dat my of jou getuigenis 'n groot verskil sal maak in ander se lewens. Daarom nooi ek jou uit om die blad te like, iemand uit te nooi om deel te word van die blad of om dit te share. Met die druk van een knoppie kan jy dalk iemand nader aan God bring of selfs red.

My gebed is dat die Heilige Gees op elkeen wat hier lees gestort sal word en dat jy weer vir die persoon vir wie jy dit voor aanstuur ook die werkende krag van die Heilige Gees sal ervaar. Mag die klein vuurtjie wat jy aansteek 'n veldbrand veroorsaak waarvoor die duiwel nie kans sal sien om te blus nie.

Kom ons laat die Heilige Gees toe om in ons te werk, te luister as die Gees in jou werk en die Gees toe te laat om ons te gebruik om die Vader te eer en hulde te gee aan Jesus vir wat Hy vir ons gedoen het.


GEBED

Jesus baie dankie dat die Heilge Gees nou hier in ons is en werk. Gee dat ons sal luister as die Gees met ons praat. Mag die Heilige Gees met elkeen wat hier lees praat en julle lewens verander. Laat ons besef dat wanneer ons die Gees toe laat sal dinge verander, dalk nie soos ons dink dit gaan gebeur nie, maar God se tyd. Hy is die enigste een wat dit kan laat verander.


Heilige Gees seen elkeen wat hier lees, met U teenwoordigheid en liefde


AMEN

10 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page