top of page
Writer's pictureGeloof

Die Christelike opdrag


Met die afgelope paasfees wat ons gehad het kom die Here nou weer en gee vir my en jou 'n opdrag. Ons is gesëen en gesalf met die Heilige Gees toe Jesus vir ons aan die kruis gehang het en die dood oorwin het.



Paulus beskryf dit so mooi in Titus 3: 6 - God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.


Ek dink dit is iets wat ek en jy sal moet oordink. Ons ontvang die Heilige Gees oorvloedig en is vrygespreek en besit die ewige lewe. Besef ek en jy hoe bevoorreg ons werklik is. As jy na jou lewe kyk, dink jy jy verdien dit.


Daar waar jy nou is dank die Here dat jy kan deel vorm van die uitverkore volk kan wees. Dat die Heilige Gees jou lewe verander en jy een is met God. Jy mag dalk dink, ek is sondig en vêr van God, maar God is naby jou. Hy sal jou nooit alleen laat nie.


Hy sê dit in Joel 2:28 - Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom al die mense, seun en dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jongmans sal visioene sien. In daardie tydsal ek My Gees laat kom selfs op die wat nie in aansien is nie.


Dus is niemand uitgesluit nie. Daar is dus nie 'n verskoning vir my en jou om te sê dat uitgesluit is nie. Paulus gee vir ons die opdrag in Titus 3:8 - Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat die wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense.


Ons kry dus nou die boodskap dat ons met groot nadruk te getuig hoe die Heilige Gees 'n verskil in jou lewe kom maak het. Ons moet dit so doen dat dit nuttig is vir die mense rondom jou.


Almagtige God, ons dank U vir die voorreg om nou weer te kan besef dat ons so baie bevoorreg is om deel van U span te uitmaak. Help ons om met groot nadruk te getuig van U liefde vir ons. Dat ons deur ons lewenswyse, gedrag en optrede vir die mense sal wys wat 'n wonderlike voorreg dit is om 'n kind van God genoem te mag word. Help vir ons om die opdrag uit te voer soos ons dit van U ontvang.


Here sëen elkeen wat hier boodskap ontvang en gee vir hulle die krag van die Heilige Gees om hulle te help om die opdrag uit te voer.

12 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page