top of page

Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking


Vriende in hierdie donker Eskom tye is dit nou nodig dat ons sal saam staan en die aangeleentheid aan die Here opdra. Kom ons maak dit 'n nasionale veldtog om vandag gelowig tot God te nader en vir die Here te vra om die ligte in Suid-Afrika aan te sit.


Dat die Here met die besluitnemers sal werk deur die Heilige Gees om alle te kortkominge, probleme op te los.


Ons moet soos Elia ook 'n brandoffer aan die brandsteek, die Eksom brandoffer, en tot God bid en bid dat alle tekortkominge, ongeruimthede, korrupsie ens. sal verwyder.


Hierdie skoftye maak dat daar so baie besigheide deure moet toemaak of geld spandeer, wat hulle nie het nie, om hulle deur oop te hou. Dit is 'n kringloop wat die duiwel gebruik om ons in God te laat twyfel.


Ons lees in Jakobus 5: 15 - 20 (BIP)

(15) En as julle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes opgelewer.


Hierdie versoek word, om te bid dat Eskom reggeruk moet word, is geinspireer deur Elia wat vir profete van Baal gewys het hoe groot ons God regtig is. Altare is gebou vir Baal en vir God waar hulle 'n offer moet bring. Die profete het gebid en gebid heeldag lank, en niks het gebeur nie. Elia gaan 'n stap verder en gooi sy altaar sopnat en bid tot God en die vuur het so warm gebrand dat die water wat in die sirkel rondom die altaar was ook op gedroog het. 1 Konings 18 Lees dit gerus.


Kom ons bid vandag met baie erns en gelowig dat God dit wat by Eskom gebeur handomkeer sal kom verander, dat dit wat Eksom terughou sal uitbrand.


Hier is my gebed:


ALMAGTIGE GOD EN VADER, ONS VERGADER NOU IN U NAAM OM ESKOM AAN U OP TE DRA. NET U WEET WAT FOUT IS EN HOE OM DIT REG TE MAAK. U WEET WAT MOET GEBEUR EN NET U KAN DIT HERSTEL. WEES MET ELKE BESLUITNEMER EN PEROSNEEL, KOM VERNADER HARTE DEUR DIE HEILIGE GEES EN MAAK SAG WAT HARD IS ONS GOD.


NIKS IS VIR U ONMOONTLIK NIE EN U KAN DIT IN 'N OORWINK VERNADER. DIE HERE HET VANOGGEND VIR ONS KOM Sê DAT DIE GEBED VAN 'N GELOWIGE HET KRAGTIGE UITWERKING.

TOON U MAG, VERANDER ALLES.


ONS KOM BELY DAT ONS ALMAL KORSKIET, FOUTE HET MAAR ONS WEET OOK DAT JESUS, DIE SEUN VAN GOD, VIR ONS AARDE TOE GEKOM HET OM DIE WêRELD TE KOM VERANDER EN DAT DIE HEILIGE GEES ONS BYSTAAN EN ONDERSTEUN.


HERE TOON U MAG EN KRAG IN HIERDIE DAG.


Ek nooi jou uit om die boodskap te deel en op alle platforms te versprei om die hele Suid-Afrika tot gebed op te roep.


35 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Commentaires


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page