top of page

Die Gees van God en ons sondige natuur

Paulus kom leer ons weer 'n baie belangrike les in Galasiërs 5. Paulus skryf die brief aan die Galasiërs omdat hy bekommerd is oor hulle hulle weer oorgegee het aan die sondige lewenswyses.


Hy sê in vers 13 dat ons tot vryheid geroep is maar dat ons nie die vryheid gebruik as verskoning om sonde te doen nie. Die vryheid wat ons gekry het moet ons gebruik om mekaar in liefde te dien. Die hele wet is tog saamgevat in een gebod; Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.


Ons is almal, en ek sluit myself hierby in, geneig om die pad buister te raak. Ons wiele kom af a.g.v. die vryheid wat ons het.. Hy noem 'n paar praktyke van die sondige natuur op; onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, drokenskap, uitspattigheid en al derlike dinge.


In die volgende vers waarsku Paulus hulle weer want hy het hulle reeds gewaarsku. Is dit nie ook so met ons nie, wanneer dit goed gaan dan is ons geneig om losbandig te raak.


Paulus kom ook en gee vir ons die oplossing teen die bogenoemde in vers 16; Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van julle sondige natuur.


Wat is die vrug van die Gees; liefde, vreugde, vrede, geduld, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid, getrouheid en selfbeheersing.


Paulus sê ook in Kolosense 3:15 - En die vrede wat Christus gee moet in julle lewens die deurslag gee. Ons kry ook die antwoord hoe om die vrede te bekom. Vers 17 ; En wat julle ook al sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank die Vader deur Hom.


Raak stil en sluit jou oë en roep na God en ontvang die Heilge Gees in jou lewe. As jy nie God se stem hoor nie, sit langer en fokus op God, Hy sal antwoord.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentarios


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

  • LinkedIn
  • Facebook
  • Tumblr Social Icon

© 2020 Geloof in God

bottom of page