Die gelykenis van die saaier - Deel 1
- Geloof
- 7 days ago
- 2 min read
Dit is so welbekende gedeelte en ons almal weet wat gebeur. Ons lees in Markus 4 die gelykenis veklaar word.
Kom ons werk gou daardeur. Om alles in perspektief te sien moet ons eerstens weet dat die saaier is die woord van God. (14) Die skrywer Johannes Markus sit dit so mooi uiteen vir ons in die volgende 4 voorbeelde -
Daar word op die pad gesaai. - Dit is waar Satan die woord wat gesaai is wat op die pad geval het weg vat voordat dit ingeneem kan word.
Wanneer daar op die klipbanke gesaai word. - Hier word die woord wat gesaai word met blydskap aangeneem maar dit skiet nie wortel nie
Wanneer daar tussen die onkruid gesaai word. - Hier word die woord van God gehoor en die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na ander dinge verstik die woord en dit bly sonder vrug.
Wanneer die saad op die goeie grond val. - Hier word die woord aangehoor en dit en bring vrug voort. Hoor mooi wat sê vers 20 - party 30, party 60 en party 100 voudige vrug dra.
Die vraag wat ek nou vra is - Waar staan jy ten opsigte van die 4 punte genoem? Lees dit gou weer. Dink goed daaroor na en wees eerlik met jouself.
Wat sal jou antwoord wees as God jou nou die vraag sal vra? Jy moet jouself leer om te luister en baie belangrik om te doen. Opsie 1-3 is glad nie 'n opsie vir kinders van die Here nie. Ons moet hard werk om Sy woord te bestudeer, te luister na Sy stem en ook te doen.
Hoekom sê ek so. Want dit staan in Markus 4: 24-25 - Hy het ook vir hulle gesê: " Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal julle gemeet word en daar sal ook nog bygevoeg word. (25) Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word: en wie nie het nie, van hom sal die bietjie wat hy het, wegegvat word.
GEBED
Almagtige God, dankie dat U ons weer kom herinner aan die hoe belangrik dit is om vrug te dra en dat U belowe dat U 30, 60 nee self 100 voudig sal voordien indien ons vrug dra. Dit is my gebed dat U elkeen wat hier lees met U woord sal voed, die saad wat U saai, die woord, sal vrug dra om elkeen 30, 60 nee self 100 voudig gesëen word.
AMEN
Comments