Ons lees in Mattheus 17 van die verheeliking op die berg hoe Jesus vir Petrus, Jakobus en sy broer Johannes saam geneem het na die hoë berg waar hulle alleen was. Jesus se voorkoms het verander, sy gesig het begin straal soos die son, sy klere het wit geword soos die lig.
Petrus sê vir Jesus, Here dit is goed dat ons hier is. As U wil , sal ek drie hutte bou, een vir U, een vir Moses en een vir Elia. Terwyl hy nog praat kom daar 'n wolk oor hulle en 'n stem uit die wolk sê, "Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.
Petrus verwys na die verheerliking op die berg om die gelowiges, in te lig dat hy wel uit ondervinding praat en nie net iets uitgedink het nie want hy sê in [16] Nee met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien.
Ons is gister herinner dat ons roeping as Christene ons geloof verryk met deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug en met liefde onder mekaar en liefde vir ander. Petrus bevestg dat hy eersterangse ondervinding as hy hier praat. Hulle het met hulle eie oë Hom in al sy majesteit gesien.
Sien ons Jesus ook in Sy majesteit raak? Nou sal julle seker vir my sê maar Jesus is nie meer hier op aarde nie. Dis korrek, Hy is nie meer op aarde, Hy is in ons. Hy lewe deur middel van die Heilige Gees binne elkeen van ons wat hy geroep het en gekies het.
Dit word bevestig in Johannes 14: 16-17 waar Jesus vir die disspels sê, Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Paulus bevestig dit ook in Romeine 8:11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.
Nou vra ek weer die vraag. Sien jy Jesus in Sy majesteit in jou lewe raak? Lewe die Heilge Gees binne jou?
Hoe werk die Heilige Gees?
1. God lei sy volk op die regte pad
Volgens Psalm 143:10 hoor ons hoe om die Heilige Gees te nader, leer my om u wil te
doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
2. Die Heilige Gees inspireër God se volk om reg te doen
Dawid gee vir ons goeie raad in Psalm 51:10-22. Dit is geskryf na aanleiding daarvan
dat Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Lees gerus die hele
gedeelte. Natan het iets baie verkeerd gedoen en Natan en Dawid pleit by God om
Natan nog 'n kans te gee.
3. Gee artistieke vermoë aan individue
Moses word geinspireer om meer te sien van die brandende bos in Eksodus 3:2-3
Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Terwyl hy
kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie. En Moses sê vir
homself: “Ek wil tog 'n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk.
Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?”
4. Het profete geinspireer
Hier sien ons hoe die volk kwaad raak vir Moses omdat hulle nie kos het om te eet nie.
Moses nader tot God en God gee hom opdrag om 70 van Israel se leier bymekaar to
bring. Dan sal God die verantwoordelikeheid deur hulle gedeel word. Moses baklei met
die Here oor hoe dit moontlik gaan wees om 600,000 mense vleis te gee en nie net vir
'n dag nie, 'n hele maand lank.Kom ons wees eerlik, sou ek en jy nie maar getwyfel het
nie. God sê vir Moses, dink jy nie Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my
woord bewaarheid kan word of nie.
Ons moet nie in God twyfel nie, die Heilge Gees is, was en sal vir altyd in ons wees. Ons
moet die Heilge Gees toelaat om ons te lei en te inspireer. Ons moet die Heilge Gees
sien en volg in ons lewens. Die Heilige Gees doen baie meer as wat ons dink.
Het jy al die stemmetjie gehoor wat vir jou sê, lees vandag 'n sekere bybel vers, en as jy
dit lees, is dit presies wat jy nodig het. Dit is die Heilige Gees. Hy doen dit nie een keer
nie maar aanhoudend in jou lewe elke dag.
Here kom salf ons van vooraf met die Heilige Gees. Laat elkeen van ons opnuut die
werking van die Heilige Gees in ns lewens sal kan aanvoel, beleef en getuig daarvan.
Seën ons soos U die volk van 600,000 sonder moeite, vleis vir 'n maand gegee het, en
geseën het.
Vul ons met die Heilge Gees soos U die 70 leiers van Israel gevul het. Laat ons getuies
wees van U goedheid, genade en liefde.
Comments