top of page

Die Here Sorg - Psalm 33

Kom ons dink gou terug na die skepping van die wêreld. God het die woord gespreek en dit het gebeur. Dit opsig self moet vir ons 'n aansporing wees om na aan God te leef.



Dit bring my by die vraag - Besef os regtig hoe groot God regtig is? Die skrywer van die Psalm sê in vers 4, - Wat die Here sê gebeur, alles wat Hy doen staan vas. Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemeliggame. Dit word verder uitgedruk in vers 9 , want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar.


Daar is soveel voorbeelde van God se goedheid en liefde vir ons. Om te dink dat Hy al sedert die skepping honderde miljarde mense gered waarvan ek en jy ook deel sal wees. Hoekom sal Hy dan nou ophou om vir ons te red? Ons weet dat God die oordeelsdag nie afgeskaf het maar net uitgestel om ons wat sondaars is te red.


Ons lees in vers 11, - maar die planne van die Here staan altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.


Ons dink baie keer dat God nie na ons luister nie. Dinge werk nie uit soos ons dit wil hê nie. Ons word in vers 13 net weer herinner aan die feit dat die Here kyk uit die hemel en sien al die nasies. Van die plek waar Hy as Koning sit sien Hy almal. Dit sluit my en jou in. Dit is tog God wat ons verstand gevorm het en ons werke deurgrond.


Die Psalm begin met 'n gejubel en liedere wat gesing moet word. So moet ons elke dag begin. Ons moet jubel van opgewondenheid om die dag saam met God te begin, om weer van voor af saam met God die pad vandag te stap.


Nie ek of jy weet wat die dag inhou nie, ons weet nie wat die Here gesê het wat moet gebeur nie. Die Here mag dalk jou finansie handomkeer verander, die ongenesslike siekte is in 'n oogwink weg. Jy kan dalk iemand onmoet wat jou lewe verander en jy mag dalk vir iemand anders so baie beteken wat hom of haar van die dood kan red.


Dit is so belangrik om elke dag met 'n gejuig en jubel die nuwe dag te begin want die skrywer gee ons goeie raad in vers 18 - Dit is die Here wat sorg, vir die wat Hom eer, vir die wat op sy mag vertrou. Kom ons laat ons vertroue aan die Here oor soos daar in verse 20-22 staan. Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilge Naam vertrou ons. Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vetroue in U.


Ek het gister by soveel geleenthede gehoor dat die hart van 'n mens is eintlik die siel van die ligaam. In vers 21 kan jy eintlik die blydskap aanvoel in die woorde, Ja in Hom is ons hart bly.


Kom ons maak 'n punt daarvan om elke dag met 'n gejubel en gejuig wakker te word en die dag saam met God te begin. Net die feit dat ons vir nog 'n dag gespaar is, is al klaar genoeg om te jubel wat nog van die feit dat ons dit saam met God kan doen.


GEBED

Almagtige God en Vader. Ek wil kom juig en jubel, my hart is bly dat U vir my en ver elkeen wat hier lees nog ' n dag gegee het om die lof aan U te bring. Geen ons die krag om deur die Heilge Gees uit te straal van geluk. Laar daar elke oggend 'n gejuig en jubel in ons harte wees.


Dankie dat die al die jare, van die skepping a, omgee vir, sondaars. My gebed is dalk elkeen wat hier lees sal besef dat U grootheid en krag is wat maak dat ons in hierdie onsekere tye, kan vas bly glo in U.


Ons loof en prys U ons God.




AMEN

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page