Een ding wat ek gister besef het is hoe kragtig gebed is nie. Ons lees in Matt 21:21-22 "As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. nog meer: julle sal vir hierdie berg kan sê: Lig jou op en val in die see! en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.
Nou kom die Here en deel Lukas 17:11-19 met my. Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binne gaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: "Jesus, Here, ontferm U oor ons!"
Toe Hy hulle sien, sê Hy: "Gaan wys julle vir die prieters."
Oppad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n s]Samaritaan. Toe sê Jesus :was daar dan nie tien wat gesond gemaak het nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jodd is nie. En vir Hom se Hy: " Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered"
Daar is so baie mense wat vir klein Manro gebid het ek ek kom val vaoggend voor Jesus se voete neer en loof en prys Hom dat Hy hom uit die kloue van die dood uitgeruk het. Al die eer kom die Here die toe. Ons moet glo wanneer ons bid soos dit in Matteus 21 vir ons duidelik gestel is.
Maak jou oë toe soos jy daar sit en haal diep asem en laat Jesus toe om jou gees oor te neem. As jy voel dat ons vir jou 'n gebed moet doen, kliek op die skakel bo aan die bladsy en stuur vir ons wat Jesus op jou hart gedruk het. Matt 18:20 sê baie duidelik - want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.
Ek nooi julle uit om julle harte te deel en te glo want Matt 21:22 sê : as julle glo, sal julle alles wat in gebed vra ontvang.
Dankie Jesus vir U alles omvattende liefde vir ons.
Commentaires