top of page
Writer's pictureGeloof

Die lewende hoop en die egte geloof. 1 Petrus 1:1-9


Ek raak vanoggend stil en daar dwaal baie deur my kop, wat gaan vandag gebeur, wat is daar wat ek nog moet afhandel. Ons weet dat die tye waarin ons nou leef, is baie uitdaggend en onseker. Dit is so maklik om te twyfel of om jou eie planne inwerking te stel. Op 'n Whatsapp groep praat ons oor hoe baie seer en pyn daar in die lewe is. Elke berig is daar moord en dood, mense wat aangeval word en selfs mense wat vermis is.


Petrus kom gee ons riglyne en bemoediging in 1 Petrus, hoe om op 'n Christelike wyse op daardie veronregting te reageer. Hierdie brief is gerrig aan die gelowiges in Klein-Asië. Ek haal aan wat in die sketsplan van 1 Petrus staan.


Petrus skryf aan gelowiges wat swaarkry onder verontregting, verdagmaking, boikotte en vervolging. Dit maak dat hulle sonder perspektief en uitsig op die toekom is, en vasgevang voel deur hulle moeilike omstandighede. Hulle is onder druk om of met die ongelowiges se lewenswyse en oortuigings saam te gaan, of om reg in eie hande te neem en te vergeld, of om sodanige lae profiel te handaaf dat hulle nie meer met hulle dade en woorde getuienis lewer van die feit dat hulle net Jesus Christus erken nie.


God bemoedig ons met hierdie brief om ons lewe aan God toe te vertrou en aan te hou goed doen. [1 Petrus 4:19]


Petrus begin die brief met die woorde, Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. Is ons nie maar ook vreemdelinge van die wêreld nie en woon ons nie maar ook verspreid nie.


Petrus sê in [2] Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.


Hoor hoe mooi word dit in 1 Tess 2:13 gestel. Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.


Die brief is vir my en vir jou geskryf, ons wat daagliks deur beproewings gaan, wat tot die uiterste getoets word. Kom ons wees eerlik, dit is nie maklik nie, dit is 'n konstante geveg teen die vleeslike, dit wat rondom jou gebeur, die pyn en seer wat daar in die wêreld is. Ons word net weer bemoedig dat Jesus vir ons nuwe lewe kom gee het met Sy opstanding. [3-4] Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.


Vir die van ons wat sukkel en worstel met baie, en dit sluit myself is, kry krag in die woorde in vers [5-9] En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie.


Ons kan nie bekostig dat ons die suiwerheids toets nie slaag nie. Ons is nie tweede graadse goud nie. Jesus het Sy lewe vir ons afgelê om ons nuut te maak. Kom ons eer Hom deur vas te bly glo in die wete dat ons die ewige lewe reeds ontvang het, die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis.


Is dit nie genoeg bemoediging om ons deur elke dag te dra nie, ons die vrymoedigheid te gee om vas te bly glo en ons nie deur die wêreld te laat beinvloed nie. Dit is ons verantwoordelikheid om die wêreld, dit wat jou beinvloed, voor God neer te sit, dit vir Hom te gee, en om Hom toe te laat om dit te verander.


Net om te dink, as jy as gelowige so seer het, hoeveel meer seer is daar nie in die ongelowiges nie.


Een gebed of een getuienis kan baie mense red





28 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Kommentarer


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page