Pertus skryf hierdie brief aan die gelowiges in Klein-Asië met die doel om christene wat deur die samelewing veronreg word, te bemoedig en riglyne te gee om op 'n Christelike wyse op daardie verontregting te reageer.
1 Petrus 4: 7-11
Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid!
Wat is liefde?
Liefde is die hoogste vorm van omgee en hier se Petrus dat ons mekaar hartlike moet liefhê. Dit beteken ons moet op ander se positiewe fokus en nie die negatiewe nie. Hy gee hier basies vir ons 3 aksieplanne om in ons lewens toe te pas naamlik, ons moet mekaar liefhê, ons moet gasvryheid toon en ons moet ander met die gawes wat ons ontvang het dien. Dit was ons van God ontvang, liefde, gasvryheid ens moet ons deel met ander.
Here lig deur die Heilige Gees die gawes uit aan elkeen wat hierdie artikel lees. My gebed is dat ons die gawes tot verheeliking van U Naam sal gebruik.
1 Korintiërs 12 - Gawes van die Gees
Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.
(1)Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, (2)aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; (3)aan die een geloof deur dieselfde Gees, (4)aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. (5) Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, (6) aan 'n ander die gawe om te profeteer, (7) en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. (8)Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en (9)aan 'n ander om dit uit te lê. Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
Комментарии