top of page
Writer's pictureGeloof

Die teken van Jona - God se tyd


Ek lees nou uit Matteus 12:38-42 hoe Jesus die mense wil leer. Die skrifgeleerdes en Fariseërs vra vir Jesus om wonderteken vir hulle te gee. "Sien jy jouself nie ook so nie, wil eers wonderteken sien, voordat jy glo"


Ons almal weet dat Jona nie na God wou luister nie en probeer vlug het om te doen wat God van hom verwag het. Op die oueinde beland hy in die maag van die vis vir 3 dae. Dit opsigself is alreeds 'n wonder. Hoe het hy oorleef, asem gehaal, geeet? Dink jouself in, jy is nou in die maag van die vis, of dalk in 'n donker gat met geen uitkoms nie. Baie van ons is dalk nou in daardie gat as gevolg van die omstandigehde waarin ons leef. Dis so onseker en emosioneel uitputtend dat ons ook maar hoop op wonderwerke.


Jesus kom waarsku ons in vers 39 met die woorde, "'n slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van Jona.


Jona moes geduldig wag vir die vis om hom uit te spoeg. Hy het verseker in daardie 3 dae baie met God gepraat, geworstel en baklei. Jona is op die regte tyd en plek uitgespoeg en dit het veroorsaak dat baie mense in Nineve tot bekering gekom het.


Ons moet geduldig op God wag en nie vir wonderwerke vra nie. Ons moet geduldig wag op God, sy tyd is die regte tyd , net soos Jona op die regte tyd en die regte plek uitgespoeg is.


Met paasfees wat om die draai is, kry ek die gedagte dat in die lydingstyd van Jesus moes Hy ook baie emosionele oomblikke beleef het. Daar is baie van ons wat swaarkry en sukkel om dag vir dag te oorleef, dink net vir jouself in, die druk wat Jesus moes ervaar het want die hele wêreld was op sy skouers. My en jou probleme is nie 'n druppel in die emmer teen Jesus sin nie.


Kom ons doen vandag moeite om gefokus op God se tyd te wag en Hom te vertrou. Gee alles vir God en Hy sal nie teleurstel nie. Jesus het tot op die laaste oomblik nog vir God gevra, as dit U wil is, neem die lydingsbeker van my af weg. Maar nie my wil nie, U wil.


Gebed

Here Jesus ons is net soos Jona dalk vandag ook in sulke moeilike omstandigehede, ons weet nie meer watter kant toe nie. Help ons om geduldig op U te wag.

47 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page