top of page

Die verhaal van Job - Job 1


Dit is onbekend wie die boek Job geskryf het. Daar word beweer dat dit dalk Moses of selfs Salomo kan wees.


Die boek is geskryf om ware geloof te demonstreer. Job was 'n gesiene man met baie kinders en baie vee soos beeste en donkies en skape. Hy was 'n gesiene man in die ooste, let wel ooste en nie net in die dorp nie. Soos ons ook maar maak kuier die kinders oor en weer en hou partytjies, dink wyn en geniet ons onsself.


Job het elke keer na die partytjies die kinders beveel om hulle te reining en dan 'n brandoffer te bring omdat hy bang was dat hulle gesondig het en hulle gedagtes vervloek sou wees. Dit het dan ook so gebeur.


Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan en Satan was ook daar. Die Here vra vir Satan, wat maak jy hier? En Satan antwoord die Here, ek het die wêreld deur kruis. Hy was dus oral.


Die Here spog eintlik met Job in vers 8 waar Hy vir Satan sê, en my dienaar Job het jy hom raak gesien. Sy gelyke kry jy nie op aarde nie, hy is vroom en opreg en dien my en vermy die kwaad. Satan redeneer met met die Here met die woorde, dit is nie die rede hoekom Job U dien nie, U beskerm hom en sy huis en al sy goed.


Die Here antwoord vir Satan in vers 12, alles wat hy het gee ek in jou mag oor, maar aan Job mag jy nie raak nie.


Toe gebeur daar baie dinge in Job se lewe. Hy verloor al sy diere en sy kinders. Kan jy jouself indink om alles te verloor. Baie van ons kan dalk die ervaring gehad het tydens die COVID tydperk of gaan dalk deur dieselfde proses as wat Job deur gegaan het.


Job kom stel vir ons 'n baie goeie voorbeeld in vers 21 - Sonder iets het ek in die wêrerld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. Tenspyte van alles het Job God nie verwyt of gesondig nie.


Ek en jy moet die voorbeeld volg wat Job soveel jare gelede vir ons gestel het

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page